Wen naweek kaartjies vir Super Naweek

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n naweek kaartjie vir Super Naweek te wen!

Super Naweek is ’n splinternuwe Afrikaanse-musiekfees vir die hele familie aan die Noordkus van Suid-Afrika.

Die fees, wat plaasvind by Blythedale Event Bowl op die asemrowende Blythedale Kus- en Eco-landgoed aan die Noordkus van die sonnige KwaZulu–Natal beloof om ’n naweek soos min te wees.

Die fees bied die ideale geleentheid om saam met familie en vriende in ’n veilige omgewing te kan uitspan en boonop so ’n bietjie te kan kaalvoet sokkie terwyl jy vermaak word deur kunstenaars soos Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Emo Adams, Dozi, Die Campbells en Pieter Smith.

KLIK HIER OM MEER TE LEES

Jy kan ’n naweek kaartjie vir twee volwassenes of ’n naweek kaartjie vir ’n gesin van vier (twee ouers en twee kinders) vir Super Naweek losslaan!

Inskrywingsmetode:

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n naweek kaartjie vir Super Naweek te wen.

Inskrywingstydperk:

Inskrywings open Maandag 4 Junie om 09:00 en sluit Woensdag 13 Junie om 09:00.

Prys:

’n Naweek kaartjie vir twee volwassenes of ’n naweek kaartjie vir ’n gesin van vier (twee volwassenes en twee kinders) vir Super Naweek.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna op Afrikaanse Musiek Nuus se webblad aangekondig word.

– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.

– Wenners is verantwoordelik vir verblyf, sowel as vervoer van en na die fees.

HIERDIE KOMPETISIE HET GESLUIT. DIE WENNERS IS SANDRA DEYZEL EN PAUL NORTJE.