Hoe kies jy jou gunsteling liedjie(s) van die gewildste Afrikaanse groep in die land, Die Heuwels Fantasties? Jy kan nie…
Met treffer na treffer, het hierdie talentvolle ouens dit gelukkig makliker vir almal gemaak deur self die beste van die bestes te kies met die vrystelling van Alles Van Die Beste – ’n CD én DVD wat die hoogtepunte van ’n dekade se unieke skeppings van Die Heuwels Fantasties in een versameling ten toon stel!
En beste van als? Die Heuwels Fantasties is terug met ’n splinternuwe treffer enkelsnit, Niks en Nêrens, wat verseker diep in almal se harte gaan kruip – beskikbaar saam met Alles Van Die Beste.
Vir die eerste keer is die musiekvideo van Niks en Nêrens ook boonop vrygestel.
Kyk die video hier:
Hoofsanger van die groep, Pierre Greeff, sê oor Niks en Nêrens: “Dit maak nie saak waar jy jouself bevind of hoe hopeloos jy voel nie. Wanneer jy omring is met die regte mense, wat waarlik vir jou lief is, is jy tuis.”
’n Ander aangename verrassing wat op aanhangers wag met die 20 snitte wat op die CD verskyn is ’n spesiale weergawe van Klein Tambotieboom met die legendariese Laurika Rauch, saam met al die ander treffers en gehoor gunstelinge. Die DVD bevat letterlik elke musiekvideo wat Die Heuwels Fantasties al ooit gemaak het in kronologiese volgorde – ’n hele 34 in totaal!
Die Heuwels Fantasties spog nie net met verskeie nommer een treffers en vele vrystellings wat goud in terme van verkope bereik het nie, maar hul is al beloon met omtrent elke etlike toekenning waarna kunstenaars in Suid-Afrika net kan smag. Verder het hul op klankbane van vele rolprente verskyn, onder andere met hul weergawe van Ballade Vir ’n Enkeling wat al meer as 1.8 miljoen keer op YouTube gekyk is!
Alles Van Die Beste, asook Niks en Nêrens, is nou beskikbaar op iTunes, Google Play, en musiekwinkels beskikbaar.