Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën snoer kragte saam
Nuus

Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën snoer kragte saam

Redaksiespan3 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Lizandra Winter en die alombekende Joshua na die Reën kom al ’n lang pad. Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree. Hulle het ’n hegte vriendskap en hulle stemme komplementeer mekaar op ’n merkwaardige wyse. Dié twee talentvolle sangers, wat ook ongelooflike musikante is, het kragte saamgesnoer en reik nou ’n hoendervleismooi weergawe van die Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, uit.

Luister hier na ’n lusmaker:

“Terwyl ek in 2015 op toer was saam met Jacques, het ons gesels oor legendes in die musiekbedryf en oor hoeveel kosbare liedjies deel vorm van die geskiedenis van Afrikaanse musiek.  Ek wil vir jou was onder andere een van my gunstelinge en ek het genoem dat ek dit graag eendag sou wou opneem. Toe ek in 2016 besig was om aan my solo-album te werk, het ek vir Jacques gesê dat ek graag die lied as ’n duet saam met hom wil opneem. Hy was baie opgewonde oor die idee!” vertel Lizandra opgewonde.

LEES OOK: Die begin van groot dinge vir Lizandra Winter

“Ons wou oorspronklik in ’n ander rigting gaan met die verwerking, maar het elke keer teruggekeer na die meer ballade, klassieke gevoel. Ek voel Jacques se klavier en harmonisering het die lied beslis ’n unieke en nuwe kleur gegee en ek dink Christa Steyn sou in haar noppies gewees het met wat ons gedoen het.  Wat ‘n voorreg om so ’n legende se lied te kan sing,” gaan sy voort.

Joshua na die Reën (Jacques de Villiers) sê: “Die belewenis om deel te kon wees van Lizandra Winter se debut album produksie was vir my ’n groei- en leerproses wat ek met uiterste respek en dankbaarheid koester. Om saam met haar ’n duet te kon opneem, is vir my ’n voorreg, nie net omdat ek haar ag as een van die talentvolste mense wat ek ken nie, maar omdat ek die hart ken agter dit wat sy skryf en sing.”

“Ek wil vir jou. Wil ons almal nie maar vir mekaar die lewe ’n beter plek maak nie. Christa Steyn, jou woorde en melodie resoneer met soveel gepastheid deur ons lewens, ek hoop vanwaar jy luister dat hierdie verwerking jou goedkeuring wegdra. Hierdie is met liefde van my en Lizandra!” – Joshua na die Reën

Douw Steyn, die seun van oorlede Christa Steyn het by navraag die volgende gesê:  “Ek wil vir Joshua na die Reën en Lizandra Winter geluk wens met hulle vertolking van Ek wil vir jou. Dit verskaf my groot vreugde dat hulle die lied hul eie gemaak het, sonder om die kern daarvan te verander. Ek is gaande oor hoe hulle die melodie net ’n raps hier en daar gebuig het om hulle eie kleur daaraan te gee. Die verwerking en eenvoud van die klavierdeel is waarlik treffend. Buiten dat beide pragtige stemme het wat saam uiters goed klink, werk dit omdat hulle vertolking so eerlik is.  My ma sou mal daaroor wees.”

Ek wil vir jou is ook beskikbaar op Lizandra Winter se debuutalbum en op iTunes.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.