Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën: Ek Wil Vir Jou

Die musiekvideo vir Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën se duet is pas vrygestel. Die snit is ’n weergawe van die ontslape Christa Steyn se Ek Wil Vir Jou.

“Terwyl ek in 2015 op toer was saam met Jacques, het ons gesels oor legendes in die musiekbedryf en oor hoeveel kosbare liedjies deel vorm van die geskiedenis van Afrikaanse musiek.  Ek wil vir jou was onder andere een van my gunstelinge en ek het genoem dat ek dit graag eendag sou wou opneem. Toe ek in 2016 besig was om aan my solo-album te werk, het ek vir Jacques gesê dat ek graag die lied as ’n duet saam met hom wil opneem. Hy was baie opgewonde oor die idee!” vertel Lizandra opgewonde oor die duet.

LEES OOK: Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën snoer kragte saam

Die musiekvideo is op die pragtige Erfdeel Gasteplaas in Drumblade geskiet en is vervaardig deur Jean de Villiers van Daville Films. Gustav Reyneke en Japie Kruger het addisionale beeldmateriaal verskaf.

Kyk die video hier:

 
Ek Wil Vir Jou is ook bekikbaar op Lizandra Winter se debuutalbum wat landwyd en ook op iTunes beskikbaar is.