Die Ghoema en SAMA benoemde meisierockers, SAARKIE, se musiek is op almal se lippe en hulle is besig om die land aan die brand te toer! Vandaar die titel vir hulle splinternuwe enkelsnit, Langpad, vanaf hulle vierdie album, Queen van die Toorbos, wat gedurende 2017 uitgereik is.
Langpad is geskryf deur Adéle Fouchè en Mjön van Blommestein terwyl hulle een aand op ’n langpad terug huistoe gery het. Die liedjie gaan oor elkeen van ons wat iewers in ons lewens ’n lang pad het om te loop. Of dit nou in die liefde, jou drome, met vriende of familie, of werklik op die pad is. “Almal het ’n pad wat hulle moet stap en benodig iemand langs hulle om die pad korter en lekkerder te maak, en ons hoop regtig die luisteraars gaan van die liedjie hou!”, sê Adèle.
Hierdie liedjie is ook op hulle album, Queen van die Toorbos beskikbaar wat voortbou op die elektries-akoestiese, bars-uit-jou-nate-uit, wenresep waarvoor dié groep bekendheid verwerf het. Dit kan beskryf word as ’n mengsel van moderne Pop en Rock.
Luister hier na ’n lusmaker:
Die groep het, sedert hul ontstaan, al stempel afgedruk by al die grootste Suid-Afrikaanse muskiekfeeste soos Aardklop, KKNK, STRAB, Mieliepop en Innibos en ook die verhoog gedeel met van die land se bekendstes soos Karen Zoid, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, The Parlotones, Cindy Alter (Clout), Ballyhoo en vele ander.