Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Afrikaans is Groot»Afrikaans is Groot Somerfees: Hier’s alles wat jy móét weet…
Afrikaans is Groot

Afrikaans is Groot Somerfees: Hier’s alles wat jy móét weet…

Redaksiespan26 Desember 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Afrikaans is Groot Somerfees skop oor nét ’n paar dae af en die oragniseerders kan nie wag om almal by dié heel eerste Mosselbaai-feestelikheid te verwelkom nie. Nie net kan jy uitsien na van die land se grootste kunstenaars by die groot konsert die aand nie, maar ook na ’n propvol program van aktiwiteite en vermaak wat jy voor die konsert kan geniet. 

Om seker te maak kaartjiehouers is ten volle voorberei vir die verrigtinge en om al die aktiwiteite van die fees ten volle te geniet, is daar belangrike inligting wat onder feesgangers se aandag gebring moet word. 

Hekke na die Van Riebeeck-stadion open op Saterdag, 28 Desember om 12:00 en kaartjiehouers kan uitsien na ’n dagverhoog met verskeie kunstenaars in aksie asook lekker kompetisies wat aangebied sal word. Die amptelike konsert skop om 18:00 af.

Waterpark:

Waterliefhebbers gaan hulself by die waterpark, wat tussen 12:00 en 18:00 oop sal wees, kan geniet. Hierdie waterpark is gratis aan alle AiG Somerfees-kaartjiehouers en daar is geen ouderdomsbeperking om allles by die waterpark te geniet nie. Onthou die handoeke en sonbrandroom!

Toegang:

Kaartjies sal ook op die dag by die hekke gekoop kan word, maar kan nie waarborg dat daar steeds kaartjies beskikbaar sal wees nie. Diegene wat nog kaartjies moet bespreek word dus aangeraai om dit so gou as moontlik by Computicket te doen of aanlyn: www.somerfees.co.za. Wees asseblief waaksaam teen derde partye wat kaartjies te koop aanbied. Geldige kaartjies is slegs by Computicket beskikbaar.

Touchies:

Wat is somer sonder bietjie raakrugby, oftewel Touchies, en by die Afrikaans is Groot Somerfees kan feesgangers bietjie litte losmaak en mekaar die stryd aansê. ’n Skopkompetisie word ook aangebied met hope pryse op die spel. “Die Touchies is oop aan enige iemand wat wil deelneem en deelname is gratis,” het Stan Fry, van Mosselbaai Mosselbaai Rugbyklub, gesê. 

Medici sal teenwoordig wees om by te staan in noodgevalle. Die Touchies word saam met Livingball aangebied en is ten bate van die Mosselbaai Rugbyklub. Donasies kan ook aan die klub gemaak word. 

Stalletjies:

Met 26 stalletjies by dié fees wat van biltong, roomys en alles met negosiewaarde verkoop, kan daar iets van alles geniet word. Alle verkope word kontantloos gemaak via die Howler-sisteem. 

Kroeë:

Daar is drie kroeë op die feesterrein wat alles van bier, wyn tot gin verkoop. Alle verkope sal kontantloos geskied via die Howler-sisteem. 

Paaie en parkering:

Op Saterdag, 28 Desember, sal Van Riebieeckstraat gesluit wees. Let wel dat dit ook die geval sal wees vir die Nuwejaarsjol op Dinsdag, 31 Desember. 

Parkering sal in al die paaie beskikbaar wees. Daar word versoek dat twee van die voertuig se wiele op die sypaadjie en twee in die straat parkeer word. Alle voertuie wat voor ingange parkeer is, sal weggesleep word. Die hoofingang na die feesterrein is waar Hofmeyr- en Van Riebeeckstraat ontmoet en dus is Hofmeyrstraat ’n goeie straat om in te parkeer. 

Daar is ook veilige parkering beskikbaar wat beman sal word. Dié parkering is – agter die stadion  as jy regs draai aan die einde van Brunsstraat- en sal slegs R50 vir die dag kos.

Busse:

Publieke vervoer word in samewerking met Tours For South Africa aangebied. Daar sal vier optelpunte wees: Hartenbos, Mosselbaai, George en die Heiderand. Diegene in Knysna en George kan ook veilig kom saamkuier deur van hul dienste gebruik te maak. Die busse sal feesgangers by die Van Riebeeck-stadion aflaai en na afloop van die konsert weer by die busstop oplaai. 

Let wel, besprekings moet vooraf plaasvind om jou plek op die bus te verseker. Bespreek slégs op een van die volgende maniere:

  • Aanlyn deur hier te klik.
  • Stuur ’n e-pos aan info@tours4sa.com. 
  • Stuur ’n WhatsApp aan: 082 412 1034 of 072 223 3164. 

Hier volg die skedule met vertrekpunte en vertrektye na die Van Riebeeck-stadion:

Knysna

Vertrek na Van Riebeeck-stadion: 13:00 vanaf die Waterfront teen R500 retoer per sitplek. Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: tussen 22:30 en 23:00.

George

Vertrek na Van Riebeeck-stadion: 14:00 van Hoërskool Outeniqua teen R300 retoer per sitplek. Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: tussen 22:30 en 23:00 .

Hartenbos teen R100 retoer per sitplek:

Vertrek van Dolf se Stasie: 12:00; 14:00 en 16:00. Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: Vanaf 21:30 per pendeldiens.

Diaz teen R100 retoer per sitplek: 

Vertrek vanaf Diaz Hotel: 13:00; 15:00 en 17:00. Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: Vanaf 21:30 per pendeldiens.

Heiderand teen R100 retoer per sitplek: 

Vertrek vanaf Curro-skool: 13:00; 15:00 en 17:00. Terugkeer vanaf Van Riebeeck-stadion: Vanaf 21:30 per pendeldiens.

Sitplekke:

Feesgangers móét eie stoele bring. Daar is wel ’n paviljoen by die Van Riebeeck-stadion, maar met ’n kapasiteit van slegs 2 500 mense. Dié paviljoen het ook nié ’n vooraansig van die verhoog nié. Ongelukkig sal geen komberse as sitplek toegelaat word nie.

Eet- en drinkgoed:

Geen eie eet- of drinkgoed sal toegelaat word nie. Daar is verskeie stalletjies wat aan alle behoeftes sal voorsien. Van die kosse wat feesgangers se monde gaan laat water sluit in sosaties, boereworsrolle, lamtjops en hoenderbroodjies.

Badkamergeriewe:

Toilette – wat ook rolstoelvriendelike toilette insluit – sal op die feesterrein beskikbaar wees. 

Kinders:

Ouers word aangespoor om Howler-bandjies vir hulle kinders te kry. Daarop kan al hulle besonderhede gestoor word. Hulle sal dit op die feesterrein kan kry.

Kontantlose sisteem:

Feesgangers gaan vanjaar veilig voel as hul die Afrikaans is Groot Somerfees kontantloos met Howler kan geniet. Dié kontantlose sisteem is gerieflik en só kan almal die fees geniet sonder bekommernisse oor kontant. 

Armbandjies moet op aankoms by die Howler-stasies op die feesterrein aangeskaf word. Op dié bandjie word krediete (geld) gelaai en só word daar betaal vir alles wat jy deur die dag wil geniet. Diegene wat sommer nou al hul profiele wil registreer, kan solank aig.howler.co.za besoek. 

AiG help die gemeenskap:

Die Afrikaans is Groot Somerfees wil ook terugploeg in die Suid-Kaapse gemeenskap en met die MoewieseBlikskud-veldtog sal feesgangers ook die geleentheid kry om hul harte oop te maak en by te dra tot die toekoms van plaaslike leerlinge in die omgewing. 

LEES OOK: Afrikaans is Groot Somerfees ploeg terug in gemeenskap

Gesels gerus saam op Facebook, Twitter en Instagram met die hutsmerke #AiGSomerfees en #AiGMosselbaai. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.