Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Hugo Niewoudt: Net Soos Die Sneeu
Resensies

Hugo Niewoudt: Net Soos Die Sneeu

Leoné Prinsloo13 Desember 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

BBS Records (2018)

[yasr_overall_rating]

Hugo Niewoudt se vyfde album, Net soos die sneeu wat in Augustus vanjaar bekend gestel is, bied nes al sy voorgangers ’n mengsel van strelende pop, rock en country melodieë wat beslis harte gaan verower. Dié inspirerende album beloof om nie net luisteraars se voete behoorlik te laat jeuk nie, maar om hulle elkeen ook opnuut weer introspeksie te laat doen. Dit volg op die sukses van sy vorige album, Want jy glo in my waarop die bonussnit, Ek wil lewe vir môre ’n reuse treffer vir hom opgelewer het.

Die blou kleurskema waarvan daar oorheersend in die album se omslag ontwerp deur Marlette Kruger gebruik gemaak word, dien as vooruitwysing na natuurverskynsels soos reën, storm, wolke en sneeu wat in van die snitte daarop ter sprake kom. Werner Beukes en Derick Lennox slaag met hulle meesterlike kitaarspel nie slegs daarin om Hugo se musikale styl te komplementeer nie, maar ook om die geloofwaardigheid van elke liedjie se storie te verhoog.

Werner Beukes van Glow Star Entertainment het ook die vervaardiging en verwerking van alle snitte op dié album behartig sowel as die meeste liedjies daarop self geskryf. Johan Brits, Rudi Claasse, Mari Bosman en Michael Lindt, insluitende Hugo self het ook elkeen ‘n liedjie tot sy album bygedra.

Die emosiebelaaide titelsnit, Net soos die sneeu vertel van hoe ’n man verbete bly vasklou aan die belofte wat sy pa destyds as klein seuntjie aan hom gemaak het dat hy na die oorlog na hom sou terugkeer. Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Toekomsbladsy vergelyk die nuwe hoop na seerkry in verhoudings met ’n nuwe skoon bladsy wat wag om gevul te word. Ander potensiële treffers sluit in Die Legende, Oor Berge en Dale, Oorlogkamer, Vat Vas, Bietjie Meer as Liefde en Trompie.

The Better Man wat die enigste oorspronklike Engelse snit op die album is, moedig luisteraars aan om die potensiaal binne hulleself uit te leef en om in die proses ’n beter weergawe van hulself te word. Die heel grootste verrassing op Hugo se album is egter sy en Lianie May se duet, Ou Gevoelens wat vertel hoe al die ou gevoelens opnuut weer begin opvlam tussen twee vriende wat mekaar na soveel jare weer raakloop. Die Have I Told You – Medley bestaande uit nuwe verwerkings van immergroen treffers soos Have I told you lately that I love you, Footloose, Some girls need love en Crazy little thing called love sluit dié positiewe album op ’n hoogtepunt af.

Hugo Niewoudt met sy treffende baritonstem wat plek-plek aan die van platinumster, Manie Jackson herinner, sorg oudergewoonte vir ’n aangename luisterervaring oor die liefde en die lewe. Hy steun egter nog steeds grotendeels op sy reeds bestaande suksesresep waarin verskeie lewenswaarhede nie net in beeldryke lirieke gestalte vind nie, maar terselfdertyd ook deur aansteeklike ritmes verskans word. Net soos die Sneeu met sy motiverende lirieke en melodië sal beslis aanklank vind by enigeen wat al ooit in die verskillende seisoene van die lewe verlief, verlore of verdwaal geraak het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.