Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»DZL trakteer ondersteuners met ’n dag vol avontuur
Nuus

DZL trakteer ondersteuners met ’n dag vol avontuur

Redaksiespan16 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: The Grey Owl Photography

Ondersteuners van die sanggroep, DZL, is onlangs   met ’n avontuurdag van ’n leeftyd getrakteer. Die manne het in April hulle nuuste enkelsnit, Het Jy Al Gelewe vrygestel waartydens hulle met radiostasies regoor die land saamgewerk het en luisteraars uitgedaag het om hulle stories te vertel waartydens hulle as’t ware die lewe by die horings gepak het.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit,  is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van die lewe en om elke oomblik saam jou beste pêl of geliefde te geniet.

LEES OOK: ’n Nuwe album sonder tierlantyntjies vir DZL

“Ons het sulke wonderlike terugvoer van die luisteraars gekry en het toe die beste stories gekies en hierdie luisteraars, saam met hulle deelnemende radiostasies genooi om ’n dag vol avontuur saam met ons te spandeer,” vertel Wiaan Fourie.

Op Saterdag, 12 Mei, het die wenners en die ondersteunende radiostasies wat Pretoria FM, Bosveld Stereo, 90.6 VCR, Overvaal Stereo, East Rand Stereo en ander ingesluit het, ’n dag van avontuur by Akwaaba Predator Park buite Rustenburg geniet. Die park het van die grootste verskeidenheid predatore soos leeus, tiere en hiënas en spesialiseer in die beskerming van hierdie diere.

“Soos almal weet is ons mal oor diere en beywer ons altyd om dierebewaring aan te moedig. Ons wou graag ons wenners en die radiostasies met ’n avontuur trakteer maar terselfdertyd ook inlig oor wat Akwaaba doen om hierdie diere te beskerm. Akwaaba stel homself ten doel om bedreigde spesies te beskerm en vir toekomstige generasies te bewaar,” vertel Andries Potgieter.

En wat sal die bloed vinniger deur die are laat vloei as om van aangesig tot aangesig met ’n volgroeide leeu te kom?

“Ons het omtrent gelag vir baie van die wenners se reaksies toe hulle van naby kennis maak met die koning van die diereryk! Hulle het beslis hierna geweet hulle het al gelewe!” lag Andries.

LEES OOK: DZL se nuwe enkelsnit is ‘avontuurlustig’

Natuurlik is daar ook lekker geëet en gekuier! Lionel Motors in Rustenburg het vir die vervoer van die gaste gesorg tydens die dag by Akwaaba en die aksie oomblikke is deur The Grey Owl Photography vasgevang.

Blaai hier deur ’n foto-album:

Het Jy Al Gelewe verskyn tans op talle radiostasies se trefferparades en is ook op DZL se album, Realiteit, beskikbaar wat nou in musiekwinkels en op digitale platforms soos iTunes te koop is.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album bestaan uit ’n kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades en beloof om aanklank te vind by oud en jonk.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.