Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»’n Nuwe album sonder tierlantyntjies vir DZL
Nuus

’n Nuwe album sonder tierlantyntjies vir DZL

Redaksiespan9 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die groep se stigterslid, Andries. “Ek en Andries het so ’n passie vir die bos, die natuur en die lewe en daarom wou ons dit in ’n album vervat wat ons lewenspaadjie uitbeeld. Geen voorgee, net realilteit,” voeg Wiaan by.

Ses van die nuwe vrystelling se liedjies kom uit die pen van bekende liedjieskrywer, Roux Cloete, terwyl Rhino in Our Blood deur die oorlede kwaito-ster, Mandoza, geskryf is. Hierdie hoendervleismooi-snit is deur Daniel Baron vervaardig en sluit dele in waarin die musieklegende, Mandoza, self sing. Wees Iemand, deur Johan Oberholzer, is ’n duet saam met ‘n jong sangeres en is gebruik in ’n boeliebewusmakingsveldtog. Alhoewel nie een van die manne graag ’n gunsteling-liedjie wil uitsonder nie, meen Andries dat Bloei hom na aan die hart lê. “Ons almal is soms te trots om te erken dat daar goed in jou lewe is wat seermaak en die feit dat jy daaroor kan oopmaak en praat bring eintlik die genesing,” sê hy. Omdat Wiaan mal is oor country-musiek, hou hy persoonlik baie van Jonk en Mal en Die Hele Wêreld, en meen dat eersgenoemde beslis die potensiaal het om ’n radiotreffer te wees.

KYK HUL JONGSTE MUSIEKVIDEO HIER

DZL, wat in 2015 gestig is, is nie jou gewone manssangroep nie, want hierdie twee talentvolle manne kan iets van alles doen. Beide is professionele modelle en het ’n groot hart vir die natuur en renosters. Die musikante se paaie het gekruis toe Wiaan moes instaan vir Andries se gewone kitaarspeler en die res is geskiedenis. Hulle selfgetitelde debuut-album, wat vanaf 2016 op die rak is, is baie goed ontvang en is benoem vir twee Ghoema-musiektoekennings vir Beste Country-album en Beste Groep of Duo. Die cd het verskeie radiotreffers en suksesvolle musiekvideos opgelewer, waaronder Langpad, Vind jou Pad, Een Kans en Ek Laaik Dit, en verseker dat hulle gereeld genooi word vir optredes by feeste en funksies.

Andries Hendrik het sewe jaar gelede die musiekbedryf betree en het met van die land se grootste kunstenaars soos die Grammy-bekroonde, Soweto Gospelorkes en Steve Hofmeyr saamgewerk. Met die nuwe album voeg hy nog ’n legende by die lys naamlik, Mandoza, wat nog nooit voorheen met ’n Afrikaanse sanger kragte gesmee het nie. Andries het ook al oorsee gehore vermaak in Disneyland, New York, Atlanta en Namibië waar sy duet, Woestynroos, met Namibiese sangeres Lize Ehlers, vir ’n Namibiese Musiektoekenning benoem is en die nommer een posisie op verskeie Namibiese radiostasies se treffersparades beklee het. As gesoute model het hy al vir meer as 30 lande se ontwerpers geloop en is ook in 2016 aangewys as Cosmopolitan se Sexyste Man. ’n Gesonde leefstyl is deel van sy raamwerk. Hy hou van musiek met betekenisvolle lirieke en het groot bewondering vir Adam Levine van Maroon 5 en Laurika Rauch. As hy nie ’n sanger was nie, sou hy beslis ’n dierekunsige wou wees en verklap dat hy meer kaalvoet loop as ’n plaasjapie en nie daarvan hou om hare te kam of te skeer nie. Oor die jare het hy geleer om nie sy ore uit te leen vir ander se opinies nie en om net homself te wees, want dit is genoeg.

Wiaan het in ’n musikale familie grootgeword. Sy pa, Louis, was ook in ’n musiekgroep, Night Train. Hy is die skamer een van die twee groeplede en is nou al so vier jaar in die musiekbedryf doenig. Een van sy verskuilde talente is kosmaak en hy was die wenner van die tweede seisoen van die VIA-kookprogram, Lek Jou Lippe Af. Country- en rockmusiek word uitgesonder as sy gunsteling-musiekgenres en hy lys Keith Urban as een van sy grootste rolmodelle. Die afgelope paar jaar, het hy ’n groot liefde vir die natuur ontwikkel en as hy nie kon sing nie, sou hy heelmoontlik ’n loopbaan in daardie rigting oorweeg het. Alhoewel hy baie gesondheidsbewus is, verklap hy dat hy beslis ’n soettand het en maklik sommer twaalf oliebolle sal verober. Tog is hy in 2017 onder die Top 20 vir Men’s Health se voorblad aangewys. Die musiekbedryf het hom geleer om sy voete op die grond te hou, altyd nederig en vriendelik te wees en nooit ander te oordeel nie.

Die sangpaar het nog baie planne en drome en sal graag in die toekoms saam met groot name soos Riana Nel wil musiekmaak en voor internasionale gehore wil optree. Hulle is ook besig met ’n paar nuwe bewaringsprojekte wat hulle weereens regoor die wêreld sal neem. “Ons wil graag hierdie jaar baie fokus op die nuwe album en seker maak hy kom by elke oor uit. Verder wil ons toer en elke natuurbewaringsprojek wat ons na aan die hart lê besoek en aan ander voorstel,” sê Andries. Die aanslag van DZL se nuwe album is vars en nuut en is beslis, soos ’n wafferse ontwerpersitem, iets waarsonder geen musiekliefhebber se versameling volledig sal wees nie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.