Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»ADAM se nuwe album en video laat ‘bewe’
Nuus

ADAM se nuwe album en video laat ‘bewe’

Redaksiespan23 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTOKREDIET: Fathom Media

Die gewilde sanggroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Bewe, is vanaf vandag landwyd en ook op digitale platforms beskikbaar. ’n Ekstra bederfie vir bewonderaars is ook hul musiekvideo vir die eerste enkelnit, Sê My (Bewe), wat pas vrygestel is. En dis iets wat jy wil sien.

Dié prettige tong-in-die-kies-video, wat deur Gerhard van Rooyen van GVR Productions vervaardig is, pas perfek by hierdie opgewekte poptreffer wat geïnspireer is deur stigterslid, Hugo Ludik, se eie mislukte pogings om ’n oulike meisie by ’n kroeg raak te loop. Dit is by Presleys in Pretoria verfilm en wys skreeusnaakse tonele van drie ouens, wat by drie ‘dames’ aanlê… maar daar is ’n catch, want die drie dames word ook deur die drie sangers gespeel! En sjoe, lyk hulle nie te ‘oulik’ nie…

Volgens Reynardt Hugo was dit baie pret om die video te skiet, maar ook nogal ’n groot uitdaging omdat hulle elkeen twee karakters moes vertolk en Suna Roberts vir hulle spesiale grimering en uitrustings hiervoor moes doen. “Dit vat lank om so iets te skiet en ons was baie moeg, maar ek glo dat mense dit gaan geniet omdat die konsep briljant, uitdagend en baie in jou gesig is. Ek speel ’n zef ou wat verlief raak op myself as ’n vroulike karakter,” verklap hy.

Oor die idee agter die video, sê Kyle Grant: “Die liedjie self het die idee vir die video geïnspireer. Daar word basies gegrap met daardie ouens en meisies in nagklubs wat te hard probeer om ‘hot’ te wees. So dis beslis iets waarmee almal sal kan vereenselwig. Alhoewel dit lank gevat het om in elke karakter in te kom, was dit baie pret en ons het vreeslik gelag. Ons speel elkeen twee rolle, ’n zef outjie en dan die meisie waarop die outjie verlief raak. Hugo se manlike karakter is die tipiese breker en die meisie redelik desperaat. Reynardt se oukie is ’n bietjie stadig en die meisie ’n regte dame, terwyl ek regtig die zefste outjie en bitsigste dame speel wat daar is.”

Kyk die musiekvideo hier:

Sê My was die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die SAMA- en Ghoema-bekroonde trio se nuutste album, Bewe, wat vanaf vandag, 23 Maart 2018, op die rak en aanlyn beskikbaar is. Die enkelsnit, wat deur Reynardt, Hugo en Vaughan Gardiner geskryf is, is baie goed ontvang en het reeds ’n stewige plek losgeslaan op die treffersparades van die land se grootste radiostasies. “Die snit is baie tong-in-die-kies, maar ongelooflik lekker om te sing en op te voer. Ons het nog nooit ’n liedjie gehad wat 100% net speels en komieklik is nie, so ons is opgewonde oor die een,” sê Hugo.

LEES OOK: ADAM se nuwe enkelsnit tref die radiogolwe

Wanneer jy na hulle musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom hulle so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf. Hierdie drie musikante het nou maar een maal ’n manier om pragtige lirieke te verweef met hulle kenmerkende unieke styl en dit in perfekte harmonie met luisteraars te deel. Hulle nuwe album bou voort op die wenresep wat van dag een af aanhangers se harte verower het.

Bewe bestaan uit elf splinternuwe snitte wat wissel tussen voetstamplekker dansliedjies, sielvolle hartsballades en kreatiewe verwerkings van ou gunstelinge. Die inhoud van hierdie vrystelling was ’n spanpoging deur Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan Gardiner en Nerine Gardiner. Dit sluit ook ’n duet, Kalmeer, met Kyle se vrou in, wat beloof om selfs die kritieste oor tevrede te stel.

“Die tema van die nuwe popalbum is emosionele patriotisme. Dis om deur ’n lens te kyk van iemand wat ’n trotse Suid-Afrikaner is. Ons sing oor ons pragtige meisies, ons pragtige land en ons geskiedenis en toekoms,” vertel Kyle Grant. “Ons het besluit om ons luisteraars te bederf met elf splinternuwe snitte asook liedjies wat hulle ken. Daar is ook ’n definitiewe groei in ADAM se styl en ’n volwassenheid wat in ons nuwe musiek deurkom,” voeg Reynardt by.

ADAM maak al sedert 2010 opslae in die Afrikaanse vermaakbedryf en het al talle goue albums en radio-treffers op hulle kerfstok.  Hulle vorige album, Hoogtevrees,het in 2017 twee Ghoema-toekennings (Groep van die Jaar en Beste Album deur ’n Groep of Duo) en ’n SAMA-toekenning vir Beste Popalbum opgeraap en die titelsnit, wat deur Hugo en Reynardt geskryf is, het verskeie weke bo-aan die treffersparades van groot radiostasies gekuier.

ADAM het nog baie drome en planne vir die toekoms en streef daarna om hulself te verbeter en te vernuwe met elke nuwe projek wat hulle aanpak. Bewe is nie net ’n opwindende bewysstuk van hoe baie hulle gegroei het as kunstenaars nie, maar is ook ’n versamelstuk waarsonder geen musiekliefhebber se CD-rak volledig sal wees nie.

ADAM stel Bewe op 6 April 2018 amptelik by Weiveld in Pretoria bekend. Koop jou kaartjies by TicketPro. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.