Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»ADAM se nuwe enkelsnit tref die radiogolwe
Nuus

ADAM se nuwe enkelsnit tref die radiogolwe

Redaksiespan12 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Wanneer jy na ADAM se musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom dié musiekgroep so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf.

Hierdie drie musikante, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het nou maar een maal ’n manier om pragtige lirieke te verweef met hulle kenmerkende unieke styl en dit in perfekte harmonie met luisteraars te deel. Hulle nuwe dubbelalbum sal vanaf April op die rak wees en gaan voortbou op die wenresep wat van dag een af aanhangers se harte verower het.

Die manne se splinternuwe enkelsnit, Sê My (Bewe), tref radiostasies landwyd vandag!

Die liedjie is geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry – en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet. “Die snit is baie tong-in-die-kies, maar ongelooflik lekker om te sing en op te voer. Ons het nog nooit ’n liedjie gehad wat 100% net speels en komieklik is nie, so ons is opgewonde oor die een!” meen Hugo.

Dit is deur Reynardt, Hugo en Vaughan geskryf en gaan oor daai corny pick-up lines wat mans so gereeld gebruik. “Dit is ’n catchy tune waarby almal sal aanklank vind en beloof om ’n groot treffer te wees,” verklap Reynardt.

’n Musiekvideo vir die snit is ook in die pyplyn.

Sê My (Bewe), is een van tien splinternuwe snitte wat op ADAM se nuwe spesiale dubbel-CD sal verskyn.  Dié CD is ’n hervrystelling van die trio se suksesvolle album, Hoogtevrees, wat in Augustus 2016 uitgereik is en wissel tussen voetstamplekker dansliedjies, sielvolle hartsballades en kreatiewe verwerkings van ou gunstelinge.

Die nuwe inhoud van hierdie spesiale vrystelling was ’n spanpoging deur Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan Gardiner en Nerine Gardiner. Dit sluit ook ’n duet, Kalmeer, met Kyle se vrou in, wat beloof om selfs die kritieste oor tevrede te stel.

 As jy vandag jou radio aanskakel is die kanse goed dat jy ADAM se nuwe enkelsnit gaan hoor!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.