Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»DECA en Len Muller maak musiek om te ‘oorwin’!
Nuus

DECA en Len Muller maak musiek om te ‘oorwin’!

Redaksiespan6 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die instrumentele musiekgroep, DECA en die talentvolle sanger, liedjieskrywer en musikant, Len Muller, het kragte saamgesnoer en ’n inspirerende liedjie, wat spreek van oorwinning, opgeneem.

Die liedjie, getiteld, Oorwin, word gedurende die week van 5 Maart 2018 aan radiostasies landwyd bekendgestel.

Luister na ’n voorskou hier:

Douw Steyn van DECA sê: “Ons is groot aanhangers van Len Muller en was lus om iets nuuts te doen wat nie net instrumentaal is nie. In ons oë was Len die perfekte kandidaat en hy het ja gesê toe ons hom vra! Ons hoop dat hierdie lied die luisteraars sal kan help om uit moeilike tye op te staan en te glo dat enigeiets moontlik is, en uiteindelik te ‘Oorwin’.”

William de Bruin, skrywer van die lied, het self gedurende 2017 deur ’n jaar gegaan waar depressie in sy lewe amper die oorhand gekry het, maar met die ondersteuning van sy vriende en geliefdes het hy daarin geslaag om dit te bowe te kom.  

“Ek en Douw skryf reeds ’n geruime tyd saam musiek.  Aangesien hy ook een van my beste vriende is, verstaan hy my baie goed. Vanuit ’n skryfwersperspektief is dit hoe Oorwin ontstaan het. Omdat Len ook ’n kunstenaar is met ’n dieper aanslag het ons hom vertrou met die vertolking daarvan – en hy’t hom uitstekend van sy taak gekwyt. Ons kry dikwels in die bedryf met groot ego’s te doen, en daarom was Len se professionele etiek en nederigheid verfrissend – dit was net ’n plesier om saam met hom te werk,” sê William.

LEES OOK: DECA stel nuwe album bekend

Op sy beurt sê Len dat hy baie van die lied gehou het toe hy dit die eerste keer gehoor het en dat dit vir hom ’n geweldige voorreg was om saam met die talentvolle DECA te kon opneem.

“Dit is altyd vir my lekker om saam met ander kunstenaars te werk wat my uitdaag om te groei. Ek wil altyd musiek maak wat mense inspireer en hoop gee. Ek glo die lied kan iets vir iemand beteken en daarom sing ek dit uit my hart uit, vir die groter doel.”

Oorwin is beskikbaar op DECA se tweede album, DECA II en ook op iTunes.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.