Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»ADAM: Hoogtevrees
Resensies

ADAM: Hoogtevrees

Leoné Prinsloo6 Desember 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Universal Musiek (2016)

[yasr_overall_rating]

ADAM se vierde Afrikaanse album, Hoogtevrees wat vroeër vanjaar bekend gestel is, beloof beslis om hulle aanhangers onverhoeds te betrap. Dit handel nie slegs oor die hoogtes wat twee mense in ’n liefdesverhouding moet oorkom nie, maar ook oor die hoër hoogtes wat hulle as ’n groep met hierdie album wil bereik. Hoogtevrees volg op die sukses van hulle vorige Afrikaanse album, Goud asook die gewilde kortspeler, Young and Wild wat verlede jaar saam met Daniel Baron uitgereik is.

ADAM se professionele, dog gemaklike styl in ’n drie-delige harmonie op hierdie grensverskuiwende album is deur die folk aanslag op popmusiek geïnspireer wat met ander pop- en country elemente vermeng word. Dit bestaan uit ’n versameling liefdesverhale waarin die hartseer, seerkry, teleurstellings en uitdagings wat dikwels só ’n groot deel van verhoudings uitmaak ook ter sprake kom. Die klassieke, dog tydlose gevoel van die album omslag deur Jacques Jay Loots van Fathom Media waarop dié drie manne stylvol die toekoms instaar, is deur Kyle Grant geïnspireer.

Dié album word afgeskop deur die proloog, ’n Nuwe Seisoen waartydens ADAM hulself bekend stel en die luisteraars uitnooi om dié nuwe seisoen in hulle loopbaan saam met hul binne te gaan. Die titelsnit, Hoogtevrees dien as ’n metafoor vir die kruispad van ’n romantiese verhouding waarin twee mense moet besluit of hulle die kans op liefde gaan waag, al dan nie. Die hartroerende lirieke wat binne ’n volwasse kontemporêre styl aangebied word, maak beslis van die snit, Vergifnis ’n onbetwiste hoogtepunt. Ander potensiële treffers op dié album is Plak Jou Hart Vas, Dis Al Wat Ek Het en Diep Uitgekerf. Die wêrelde van hoofstroom popmusiek en alternatiewe rockmusiek word moeiteloos byeen gebring op die snitte, Hartaanval, Dagdroom en Nostalgie (Soet September) om ’n meer alternatiewe klank tot stand te kan bring.

Die lirieke was ’n spanpoging tussen Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Vaughan Gardiner met Kyle Grant, Nerine Gardiner, Hunter Kennedy en Pierre  Greeff wat hier en daar ook hand bygesit het. Dié driemanskap was ook in samewerking met Robin Kielly vir die programmering, verwerkings en klankmeng van al die liedjies op dié album verantwoordelik. Raymond Green, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner blink uit op kitaar terwyl laasgenoemde ook die klavier bemeester het en Brendan Ross op die saksofoon gehoor kan word.

Hoogtevrees bevat die Afrivisie Top 14 Finalis, Die Idee Wat Tel sowel as twee verrassende duette, Wat Nou? met Vaughan Gardiner en Hel of Hoogwater met Die Heuwels Fantasties. Dié album word op ’n byna gewyde noot afgesluit met slegs klavierbegeleiding op een van wyle Koos du Plessis se tydlose treffers, As Jy My Kon Volg wat as die epiloog dien.

Hoogtevrees bied ongetwyfeld ’n verfrissende, individualistiese en nadenkende blik op die universele tema van liefde. Dié drie manne blyk vreesloos wanneer hulle die spreekwoordelike hoogtes aandurf waarvan hulle in die titelsnit sing deur met ’n opwindende, nuwe klank te eksperimenteer. ADAM vervolmaak inderdaad op hierdie album die kuns om gewone liefdesliedjies in alternatiewe musiekjuwele te omskep.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.