Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Joshua na die Reën: Die Wêreld Binne My
Resensies

Joshua na die Reën: Die Wêreld Binne My

Leoné Prinsloo25 September 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

JNDR Musiek (2016)

[yasr_overall_rating]

Joshua na die Reën se tweede album, Die wêreld binne my wat vroeër vanjaar vrygestel is, bied ’n eerlike, rou en byna poëtiese aanslag, gestroop van enige elektroniese foefies. Dis deur elke persoon se uniekheid geïnspireer en dien beslis as ’n waardige opvolger vir sy selfgetitelde debuutalbum waarop oorvloedige hoop sowel as kinderlike drome geseëvier het. Hy waag dit egter hierdie keer om ook minder aangename emosies soos die vrese, teleurstellings en tekortkomings waarmee hy as mens elke dag worstel openlik aan te spreek.

Die wêreld binne my is ’n uiters persoonlike album soos blyk uit die talle liedjies daarop vir familie en gesinslede: Weef in die Maanlig vir sy vrou, Danél, Vanuit die wolk vir hulle dogtertjie, Anán, Vyftig vir sy ma, Gerda en Heuwels en Berge vir wyle ouma, Hybrie. Al wat nog kort, is een vir sy pa, Kobus. Dis opvallend dat die titels van die liedjies op hierdie album selde in die lirieke daarvan neerslag vind, maar eerder deur indirekte verwysings daarna vervang word. Jacques de Villiërs het al die lirieke op die album self geskryf behalwe Sonnekind deur Renardo Treurnich met intertekstuele verwysings na Jan Blohm se liedjies, Sewe Jaar en Groen Trui.

Die TUKS Camerata Koor onder leiding van Michael Barret verleen ’n unieke tekstuur aan die album se oorhoofse klank in vergelyking met die oorvloedige aantal strykinstrumente wat op die vorige een gehoor kon word. Alhoewel dit weereens as Stadium Rock bestempel kan word, maak dit tog van ’n veel groter verskeidenheid klanke en instrumente gebruik om die skrywer se emosies te kan raak. Ben Ludik wat die opnames saam met Gerhard Roux behartig het, is ook die vervaardiger van dié album. Tim Lengveld is vir die bemeestering daarvan verantwoordelik.

Die proloog, Droogte dien as ’n vooruitwysing na verskeie natuur elemente soos die son, maan, reën, wolk, wind, stof, veld, berge, heuwels en valeie wat deur die loop van dié album ter sprake kom. Dit sal letterlik soms vir die luisteraars voel asof hulle die stof streep in die veld kan ruik en die ligte bries van die aandwind op hul vel kan voel. Buiten die titelsnit, Die wêreld binne my beloof Dromers en Stroomop asook Stof en Sterre om ook nog groot treffers onder sy aanhangers te word.

Dromers beskryf die proses van hoe ’n droom ontstaan, groei en dan uiteindelik verwesenlik word asook al die opofferings wat daarmee gepaard gaan deur na sentrale figure in die wêreldgeskiedenis te verwys. Stroomop pleit by die luisteraars om aan hulleself getrou te bly ten spyte van die verskeie afdraaipaaie wat die lewe waarskynlik soms met hul sal neem. Stof en Sterre spreek die begeerte uit dat die mensdom sal begin om anders na die wêreld te kyk sodat die alledaagse (stof) in die buitengewone (sterre) kan verander. Die wêreld binne my word afgesluit deur drie bonussnitte wat onderskeidelik op die klankbane van die rolprente, Ballade vir ’n Enkeling, Hollywood in my Huis en Vir Altyd gehoor kan word.

Die lirieke, verwerkings, programmering, vervaardiging en selfs die album omslag getuig van dié kunstenaar se heilige ontsag vir die krag van musiek asook sy besonderse intieme verhouding met die natuur. Die wêreld binne my met sy sterk aanspraak op die menslike sintuie is nie slegs vir die fynproewer nie, maar vir enigeen op soek na hul ware self bedoel. Joshua na die Reën is ongetwyfeld ’n woordsmid wat weet hoe om woorde en beelde kunstig te verenig sodat dit nie net sy emosies weergee nie, maar ook ’n bepaalde boodskap by sy gehoor tuis bring.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.