Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Sing in Afrikaans gesels met Eloff by ‘Krone 2024’

Radio Geborg Deur: Sing in AfrikaansSing in Afrikaans
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

Sing in Afrikaans se Charmaine het onlangs eksklusief agter die skerms ingeloer tydens die spoggeleentheid, Krone 2024, wat op 31 Augustus by Loftus Versfeld in Pretoria aangebied is. Hierdie jaarlikse konsert, wat Afrikaanse musiek in sy volle glorie vier, het nie teleurgestel nie en het ’n magdom top kunstenaars na die verhoog gebring, insluitend die talentvolle Eloff.

Voor Eloff sy opwagting op die verhoog gemaak het, het hy met Charmaine van Sing in Afrikaans gesels oor sy verwagtinge en opgewondenheid oor die aand se vertoning. Hy het entoesiasties gedeel hoe hy spesifiek uitsien na die opening van die konsert. “Ek moet sê die opening medley is altyd vir my die lekkerste. Nie net omdat dit lekker al die senuwees wegvat nie, maar ook omdat dit hierdie jaar ’n bietjie anders is vir my. Ek begin die show met die eerste liedjie, so ek sien verskriklik uit, maar dis ook baie seunitergend,” het Eloff vertel. Sy rol as die openingskunstenaar het duidelik ’n spesiale betekenis vir hom gehad, al het hy erken dat dit hom ook ’n bietjie meer gespanne gemaak het as gewoonlik.

Oor die opwinding van die aand en die onvoorspelbaarheid van so ’n groot konsert, het Eloff bygevoeg: “Niemand weet wat om te verwag nie, niemand weet hoeveel mense gaan opdaag.” Tog blyk dit dat die groot skare hom nie afgeskrik het nie. Eloff het erken dat hy eintlik gemakliker voel wanneer hy voor groot gehore optree. “Dit lyk amper soos ’n golf van mense,” het hy verduidelik, wat hom laat ontspan. Hy het ook opgemerk dat kleiner, intieme optredes soms meer spanning bring omdat die kunstenaar direk met elke individu in die gehoor verbind.

Toe Charmaine hom vra wat hy hoop die gehoor van Krone 2024 sou wegneem, was sy antwoord duidelik en opreg: “Afrikaans is nie dood nie. Mense moet besef dat maak nie saak wat jy doen vir ’n lewe nie en wat aangaan in jou persoonlike lewe nie. Ek wil net hê mense moet ontspan by die konsert vir 3 ure terwyl hulle net afskakel en dit geniet.”

Eloff se passie vir musiek en sy liefde vir Afrikaanse kultuur was duidelik in hierdie geselsie. Sy doel was om ’n ruimte te skep waar mense hul daaglikse bekommernisse kon agterlaat en eenvoudig in die oomblik wees. Die Krone 2024 konsert het verseker dat Afrikaanse musiek steeds ’n kragtige en lewendige deel van die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap is.

Met sy dinamiese vertoning en positiewe boodskap het Eloff verseker dat die aand een was om te onthou.

Luister gerus na die blits onderhoud bo-aan hierdie berig.

  • Volg Sing in Afrikaans op TikTok, Instagram en Facebook.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Sing in Afrikaans gesels met Franja oor ‘Kry My In Die Middel’

Geborg deur: Sing in Afrikaans

Sing in Afrikaans gesels met Karin Hougaard

Geborg deur: Sing in Afrikaans

Sing in Afrikaans gesels met Leo Sonskyn oor ‘Amper Daar’

Geborg deur: Sing in Afrikaans

Sing in Afrikaans gesels met Taye oor ‘Nico 10’

Geborg deur: Sing in Afrikaans

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.