Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Radio

Sing in Afrikaans gesels met Eloff by ‘Krone 2024’

Geborg Deur: Sing in AfrikaansSing in Afrikaans13 September 2024
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sing in Afrikaans se Charmaine het onlangs eksklusief agter die skerms ingeloer tydens die spoggeleentheid, Krone 2024, wat op 31 Augustus by Loftus Versfeld in Pretoria aangebied is. Hierdie jaarlikse konsert, wat Afrikaanse musiek in sy volle glorie vier, het nie teleurgestel nie en het ’n magdom top kunstenaars na die verhoog gebring, insluitend die talentvolle Eloff.

Voor Eloff sy opwagting op die verhoog gemaak het, het hy met Charmaine van Sing in Afrikaans gesels oor sy verwagtinge en opgewondenheid oor die aand se vertoning. Hy het entoesiasties gedeel hoe hy spesifiek uitsien na die opening van die konsert. “Ek moet sê die opening medley is altyd vir my die lekkerste. Nie net omdat dit lekker al die senuwees wegvat nie, maar ook omdat dit hierdie jaar ’n bietjie anders is vir my. Ek begin die show met die eerste liedjie, so ek sien verskriklik uit, maar dis ook baie seunitergend,” het Eloff vertel. Sy rol as die openingskunstenaar het duidelik ’n spesiale betekenis vir hom gehad, al het hy erken dat dit hom ook ’n bietjie meer gespanne gemaak het as gewoonlik.

Oor die opwinding van die aand en die onvoorspelbaarheid van so ’n groot konsert, het Eloff bygevoeg: “Niemand weet wat om te verwag nie, niemand weet hoeveel mense gaan opdaag.” Tog blyk dit dat die groot skare hom nie afgeskrik het nie. Eloff het erken dat hy eintlik gemakliker voel wanneer hy voor groot gehore optree. “Dit lyk amper soos ’n golf van mense,” het hy verduidelik, wat hom laat ontspan. Hy het ook opgemerk dat kleiner, intieme optredes soms meer spanning bring omdat die kunstenaar direk met elke individu in die gehoor verbind.

Toe Charmaine hom vra wat hy hoop die gehoor van Krone 2024 sou wegneem, was sy antwoord duidelik en opreg: “Afrikaans is nie dood nie. Mense moet besef dat maak nie saak wat jy doen vir ’n lewe nie en wat aangaan in jou persoonlike lewe nie. Ek wil net hê mense moet ontspan by die konsert vir 3 ure terwyl hulle net afskakel en dit geniet.”

Eloff se passie vir musiek en sy liefde vir Afrikaanse kultuur was duidelik in hierdie geselsie. Sy doel was om ’n ruimte te skep waar mense hul daaglikse bekommernisse kon agterlaat en eenvoudig in die oomblik wees. Die Krone 2024 konsert het verseker dat Afrikaanse musiek steeds ’n kragtige en lewendige deel van die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap is.

Met sy dinamiese vertoning en positiewe boodskap het Eloff verseker dat die aand een was om te onthou.

Luister gerus na die blits onderhoud bo-aan hierdie berig.

  • Volg Sing in Afrikaans op TikTok, Instagram en Facebook.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Sing in Afrikaans gesels met Demarie oor ‘19’
Sing in Afrikaans gesels met Leah oor ‘Dieselfde Bly’
Geborg Deur: Sing in Afrikaans
Sing in Afrikaans gesels met Anzélle oor ‘Tussen Die Wolke’
Geborg Deur: Sing in Afrikaans
Sing in Afrikaans gesels met Franja oor ‘Kry My In Die Middel’
Geborg Deur: Sing in Afrikaans

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.