Apple Music se “Home Session” is nuwe verwerkings van bekende treffers wat deur kunstenaars tuis opgeneem is. Vandag stel Afrikaanse popsangeres en liedjieskrywer, Demi Lee Moore, haar eie afgestroopte “Home Session” vry.
“Ek jaag altyd iets na, maar grendeltyd het alles forseer om op te hou. Alles waarmee ek besig was moes ek skielik staak en ek moes dit toe maar dag vir dag neem. Dit het my definitief geleer om in elke oomblik meer tevrede te wees. Ek kyk nou anders na dinge. Dit sit regtig als in perspektief wanneer so baie mense sukkel en seerkry – dis wanneer jy begin agterkom wat regtig belangrik is. Ek jaag nie meer leë opinies na nie. Dit moet oor niks anders gaan as die musiek nie. As my musiek jou gelukkig, hartseer, verlief of enigiets laat voel, dan kan jy voel wat ek voel waneer ek sing. As ek dit kan bereik, dan is my hart vol,” vertel Moore aan Apple Music.
Die “Home Session EP”, wat beskikbaar is op Apple Music in “Spatial Audio”, bevat drie eksklusiewe akoestiese snitte deur die veelsydige sangeres. Dit sluit twee snitte van haar nuutste album in, Wie se hart breek jy vanaand en Jy ken my naam asook ’n verwerking van Cody Johnson se country-enkelsnit Till you can’t.
“Wanneer ek na ‘Spatial Audio’ verwerkings luister voel dit asof die musiek my omhels, en nie net asof ek daarna luister nie. Mens word een met die musiek. Met ‘Spatial Audio’ luister jy nie net musiek nie, jy ervaar dit in al sy glorie. Ek kan definitief sien dat ‘Spatial Audio’ die toekoms van musiek is,” vertel Moore aan Apple Music.
“Dit was moeilik om net twee van my eie liedjies van my nuwe album te kies want ek’s lief vir hulle almal. Ek voel dat ’n akoestiese weergawe van my mees opgewekte snit op die album nogal cool kan wees. Ek het ook die Cody Johnson verwerking gekies omdat dit een van my gunsteling liedjies is op die oomblik. Die boodskap is so relevant: ’n Mens dink jy’t tyd om dinge te doen, totdat al jou tyd op is,” verduidelik Moore.
Demi Lee Moore het van kleins af haar sangtalent gewys en het die eerste wenner van Die Kontrak TV-reeks geword. Haar debuutalbum Mis Eet Slaap Herhaal het binne twee weke van sy vrystelling goue status behaal, wat die weg gebaan het vir haar suksesvolle loopbaan.
Kom ontdek vandag hierdie eksklusiewe Apple Music “Home Session EP” wat Moore se lewendige en veelsydige interpretasie van verskillende gemoedsstemminge en sensasies beklemtoon.
Luister die kortspeler hier:
Oor Apple Music
Apple het met iPod en iTunes die ervaring van musiek gerevolusioneer.
Vandag beskik Apple Music musikante, liedjieskrywers, vervaardigers en aanhangers oor ’n katologus van meer as 90 miljoen liedjies, kundig saamgestelde speellsyte, die beste onderhoude en gesprekke met die beste kunstenaars asook wêreldwye premieres met die bekroonde Apple Music Radio. Apple Music bied die beste luisterervaring in die wêreld met oorspronklike inhoud van die mees gerespekteerde en geliefde mense in musiek, outospeel, tydsinkronisasie-lirieke, “Lossless Audio”, en klank aangedryf deur “Spatial Audio” met Dolby Atmos. Dit help luisteraars om nuwe musiek te ontdek en hulle gunsteling musiek te geniet terwyl hulle die wêreldwye kunstenaarsgemeenskap bemagtig. Apple Music is in meer as 165 lande en streke beskikbaar op iPhone, iPad, iPod touch, Mac, Apple Watch, Apple TV, HomePod mini, CarPlay, en aanlyn by music.apple.com, plus gewilde Smart Speakers, slim-TV’s, en Android en Windows toestelle. Apple Music is advertensie-vry en deel nooit verbruikersdata met derde partye nie. Meer inligting beskikbaar by apple.com/apple-music.