Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Leon Gropp eersdaags op toer!
Nuus

Leon Gropp eersdaags op toer!

Redaksiespan15 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Leon Gropp is ’n Pretorianer en het die professionele wêreld van musiek amptelik betree as deel van ’n mansgroep, Hi-5, wat die land platgetoer het en selfs ’n optrede saam met Nataniël gehad in die Royal Albert Hall in London.

In 2007 het hy deel geword van die kitaarduo, CH2, wat oor die afgelope tien jaar ’n hele rits toekennings gewen het, waaronder Vonk-, SAMA- en Ghoema-toekennings vir Beste Instrumentele Album, en ook by die grootste feeste in die land opgetree het.  

Hy het ’n Woordtroffee vir sy konsep-album Rooidag (NP van Wyk Louw getoonset en gesing) ingepalm gedurende 2018. Sy eerste solo-enkelsnit, en musiekivdeo vir Bakenlig is vroeër in 2018 vrygestel en pryk steeds op radiostasies se trefferparades landwyd. Sy tweede enkelsnit, Jy in my gedagtes, is later in 2018 vrygestel en net so goed ontvang.

Leon het ook gedurende September 2018 by die tydskrif-styl en televisieprogram, Ontbytsake, as aanbieder aangesluit en dit is reeds duidelik dat kykers mal is oor hom.

LEES OOK: Leon Gropp sluit by Ontbytsake-span aan

Vanaf 21 Februarie tot 5 Maart 2019 vat Leon die pad en toer vanaf Pretoria tot by die US Woordfees in Stellenbosch met solo optredes sowel as die produksie, Wolkedans waarvan hy deel is. Hierdie produksie is geskep deur Pierre Breytenbach, Leon Gropp en Zander van der Westhuizen en bestaan uit drama en musiek. Dit open amptelik by die US Woordfees, maar daar sal twee vertonings in Pretoria wees voordat die produksie Stellenbosch toe gaan.

Wolkedans vertel die storie van ’n man wat op pad is om sy verlede te konfronteer. Onverwagse interaksies met kleurryke karakters bring hom egter voor ’n keuse: sal sy verlede hom vashou of sal die eerlike waarheid hom bevry? Wolkedans is ’n musiekgedrewe teaterstuk wat lirieke met diepgang en elemente van folk, jazz en kabaret kombineer om gestalte te gee aan die worsteling van ’n hedendaagse karakter.

Kyk gerus hier na ’n video-onderhoud oor dié teaterstuk:

TOER DATUMS – WOLKEDANS:

PRETORIA

21 en 22 Februarie (UITVERKOOP). NG Tygerpoort se en Route Teater @19:30. R150. Ouderdomsbeperking 2-13 (Taal).

US WOORDFEES

4 Maart 12:00 & Maart 20:30. kykNET Fismer Saal. Kaartjies R130 p.p – Kaartjies aanlyn te koop by Computicket. Ouderdomsbeperking 2-13 (Taal).

TOER DATUMS – LEON GROPP SOLO:

23 Feb – Snobs Coffee in Trompsburg. Kaartjies: snobscoffeevs@gmail.com / WD by 072 110 7291

24 Feb – Tolbos in Patensie. Klik hier vir info en kaartjies.

26 Feb – George Arts Theatre. Klik hier vir kaartjies.

27 Feb – Seeplaas in Grootbrak. Klik hier vir kaartjies.

1 Maart – Ou Meulteater in Paarl. Klik hier vir kaartjies.

Maak seker jy woon een van Leon se vertonings by wanneer hy in jou area optree!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.