Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Leon Gropp sluit by Ontbytsake-span aan
Nuus

Leon Gropp sluit by Ontbytsake-span aan

Redaksiespan17 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Aan die einde van Augustus 2018 het die tydskrif-styl en televisieprogram, Ontbytsake afskeid geneem van Jan Harm Schutte wat twaalf jaar deel was van die span.  Jan Harm en sy gesin het na Sydney, Austrailië verhuis waar hy ‘n betrekking by Fox Sport aanvaar het.

Die nuwe gesig wat op 15 September 2018 verwelkom is, is niemand anders as die bekroonde sanger en kitaarspeler, Leon Gropp.

“Ons ken al vir Leon Gropp sedert die beginjare van CH2 toe hulle gereelde gaste op die program was. Hy is uiters talentvol as musikant maar het ook ’n spontane persoonlikheid en sin vir humor,” sê Melinda Meyer, regisseur van Ontbytsake.

Leon Gropp is al van jongs af versot op musiek en het, vir so lank as wat hy kan onthou, in kore en ander sanggroepe gesing. Hy het egter eers in matriek vir die eerste keer met die kitaar kennis gemaak en was dadelik verlief.

Die Pretorianer het die professionele wêreld van musiek amptelik betree as deel van ’n mansgroep, Hi-5, wat die land platgetoer het en selfs ’n optrede saam met Nataniël gehad in die Royal Albert Hall in London. In 2007 het hy deel geword van die kitaarduo, CH2, wat oor die afgelope tien jaar ’n hele rits toekennings gewen het, waaronder Vonk-, SAMA- en Ghoema-toekennings vir Beste Instrumentele Album, en ook by die grootste feeste in die land opgetree het.  

Hy het ’n Woordtroffee vir sy konsep-album Rooidag (NP van Wyk Louw getoonset en gesing) ingepalm gedurende 2018, maar het egter onlangs besluit dat dit tyd is om sy solo-sangloopbaan ’n kans te gee en sy eerste solo-enkelsnit, en musiekivdeo vir Bakenlig vrygestel.  Dit het nie net vir die luisteraars ’n nuwe kant van hom gewys nie, maar ook vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, is hy ook betrokke by ’n program wat personeel binne groot besighede help om verandering te hanteer. Saam met veranderingsbestuurkenner, Jaco Boëttger, reis hy die land en wêreld vol om mense in die werkplek te inspireer. Verder is hy ook ’n pa en man, wat dit geniet om tyd saam met sy gesin deur te bring.

Ontbytsake is ʼn tydskrif-styl televisieprogram wat die land en naburige Namibië deurreis om Klein-en Mediumbesighede die geleentheid vir televisieblootstelling te gee.

Die program word aangebied deur die welbekende ekonoom, Dawie Roodt en bekendes uit die sakewêreld, kunste, sport en politiek is weekliks in die ateljee as gaste.

Dawie verskaf ook weeklikse oorsigte van die ekonomiese hoogtepunte en gee terugvoer oor die beleggingsmarkte.

Mede-aanbieder, Eloise Cupido verleen tempo aan die program en hou die aanslag lighartig, maar die Klein- en Medium besighede bly altyd ’n integrale deel van die inhoud.

Ontbytsake se sjef, die voormalige Kokkedoor deelnemer, Renette Vosloo, gee vinnige resepte en kos-idees wat sy met ’n gewilde wyn voorsit.

Die klein- en mediumsake-ondernemings kry televisieblootstelling terwyl die kyker terselfdertyd aan die land en sy sakemense voorgestel word. Dié wenkombinasie verskaf uitstekende, ingeligte en vermaaklike kykplesier.

Ontbytsake besoek maandeliks die huise van ’n kwart-miljoen kykers.  Die program is die perfekte platvorm vir klein- en mediumbesighede om met potensiële kliente regoor die land te kommunikeer om hul produkte en dienste aan ‘n wye spektrum van die kykerspubliek voor te stel.

Ontbytsake word Saterdagoggende tussen 07:30 en 09:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai met herhalings op Sondagoggend om 07:30 tot 09:00 en Dinsdae en Donderdae tussen 13:00 en 14:30. kykNET&kie (DStv-kanaal 145) kykers kan Saterdagoggende tussen 09:30 en 11:00 en Sondagoggende tussen 06:00 en 07:30 inskakel. Herhalings sal Dinsdae en Donderdae tussen 11:30 en 13:00 uitgesaai word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.