Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Beleef dié Afrikaanse konserte op kykNET hierdie somer
Nuus

Beleef dié Afrikaanse konserte op kykNET hierdie somer

Redaksiespan29 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Emo vier 30 jaar. FOTO: Lightlounge Studio

Indien jy ’n groot Afrikaanse konsert of twee misgeloop het, kan jy dit Desember op kykNET sien.

kykNET-kykers kan uitsien na onder meer Emo Adams se viering van 30 jaar in die musiekbedryf, Gospel Skouspel 2018 op Kersaand en Starlight Classics 2018 op Versoeningsdag.

Emo vier 30 jaar
Saterdag, 15 Desember om 20:00

Emo Adams vier 30 jaar in die musiekbedryf by die Grand West-arena in Kaapstad. Beleef hierdie hoogtepunt wat ook bekendes soos Kurt Darren, Robbie Wessels, Tarryn Lamb, Katlego Maboe en vele meer insluit. Daar’s ook ‘’n spesiale optrede deur Emo se pa, Omar Adams, en die groep JAG.

Starlight Classics 2018
Sondag, 16 Desember om 10:30

Hierdie Afro Simfoniese huldeblyk aan ons pragtige land bring ’n versameling van diverse musikale talent en ongelooflike instrumentaliste saam onder die leiding van dirigent Richard Cock. Die Kaapstad Filharmoniese Orkes en Mzansi Youth Choir tree op saam met Lira, Craig Lucas, Cecilia Rangwanasha, Siyabongo Maqungo, Amira Willighagen en Riana Nel.

Gospel Skouspel 2018
Dinsdag, 25 Desember om 21:30

Tien van die land se top-gospelkunstenaars deel vanjaar die verhoog by Gospel Skouspel. Juanita du Plessis, Riana Nel, Jo Black, Joe Niemand, Retief Burger en Henry Pike is in dié gewilde vertoning te sien.

Die immergewilde groep Romanz het ook ’n eksklusiewe reünie-optrede by Gospel Skouspel 2018.

Afrikaans is Groot 2017
Maandag, 31 Desember om 21:30

Afrikaans is Groot is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaakkalender. Konsertgangers is vermaak met grootste Afrikaanse liedjies deur gunsteling-kunstenaars asook visuele vermaak.

Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Riana Nel, Bobby van Jaarsveld, Laurika Rauch, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue, Corlea Botha, Touch of Class, Monique Steyn, Jannie Moolman, Jay, Dewald Wasserfall, Die Heuwels Fantasties, Snotkop, Kurt Darren, Lianie May, Bok van Blerk, Refentse, Loki Rothman, Arno Jordaan en die hoogs professionele orkes, het wêreldklas vermaak aan konsertgangers verskaf.

’n Propvol kykNET NOU!

Diegene wat toegang tot kykNET NOU! – DStv-kanaal 146 – het, kan ook uitsien na verskeie geleenthede. Hier’s die skedule:

Wes-Kaapse Bokkie Toekennings 2018
Vrydag, 7 Desember om 21:00

Die Wes-Kaapse Bokkies beloof om vanjaar groter en beter as ooit te wees. Hierdie spoggeleentheid is eie aan die Wes-Kaap en vanjaar word kunstenaars, akteurs en sportsterre weer vereer vir hul prestasies in verskeie kategorieë. Bekende kunstenaars soos Snotkop, Jan Blohm, Emo Adams en Tarryn Lamb is onder die benoemdes.

LEES OOK: Oakland Bokkies 2018: En die wenners is…

Hip Pops
Vrydag, 21 Desember om 21:00

Kaapstad is lank reeds bekend vir sy rou, teruggetrokke en sosiaal-bewuste benadering tot hip-hop. Daar is die afgelope tyd ’n aantal jong kunstenaars wat ’n meer lighartige benadering tot lirieke en ritme volg. En nou, vir die heel eerste keer in die musiekgeskiedenis, word hierdie genre met klassieke musiek gekombineer. Hierdie is ’n eenmalige musiekkonsert, eie in sy soort, en gaan Suid-Afrika aan die gons hê.

Kyk uit vir kunstenaars soos Jack Parow, Hakkiesdraad Hartman, DJ Ready D, Early B, YOMA en Ernestine Stuurman (sopraan). Die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes is ook deel van hierdie produksie, met Shimmy Isaacs as MC.

Krone 5-konsert
Maandag, 31 Desember om 20:00

Krone 5 gaan die dak lig met die klanke van immergewilde treffers wat deur van Suid-Afrika se top kunstenaars uitgevoer sal word.

Die kunstenaars by vanjaar se Krone-konserte is Andriëtte Norman, Brendan Peyper, Elandré Schwartz, Elizma Theron, Franja du Plessis, Jo Black, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Liezel Pieters, Manie Jackson, Nadine, Nicholis Louw, Ray Dylan, Refentse, Ricus Nel, Robbie Wessels, Ruan Josh en Snotkop en sal sorg vir ’n sterbelaaide program. Daar sal natuurlik ook, soos altyd, ’n paar verrassings wees!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.