Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Geraldine Scholtz is terug met ’n nuwe snit
Nuus

Geraldine Scholtz is terug met ’n nuwe snit

Redaksiespan4 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Geraldine Scholtz, die blonde, blouoog-talent is terug met ’n nuwe enkelsnit waaroor die land gaande gaan wees. Albei haar enkelsnitte Mis en Sommer, wat oor die afgelope jaar uitgereik is, het nommer een posisies behaal op radiostasies regoor die land.

Sy het die afgelope paar maande hard gewerk om haar passie uit te leef en nou is sy terug met iets opwindend. Iemand, haar splinternuwe enkelsnit, is ’n popliedjie wat jou uitnooi om vanaf die eerste tot die laaste noot lekker saam te dans. Geraldine streef daarna om mense goed te laat voel wanneer hulle haar musiek luister, daarom is dit baie eerlik en deel sy haar hart en storie in elkeen van haar liedjies.

Iemand is ’n liedjie, uit die pen van Johan Oberholzer, wat gaan oor die ontdekking van die perfekte een wat by jou pas. Daardie persoon saam met wie jy ‘normale’ goed kan doen, maar dit bring vir jou die wêreld se geluk. Die liedjie gaan daaroor om vir die een te wag saam met wie jy die res van jou lewe wil spandeer. Jou beste vriend. ’n Man met integriteit. “’n Man soos my pa. My eie storie uit ’n boek,” sing Geraldine.

“Ek hoop Iemand kan jou laat dans soos wat ek dans wanneer ek die liedjie hoor en ek hoop wanneer dit speel sit die enkelsnit ’n groot glimlag op jou gesig,” sê Geraldine  

Met elke liedjie, insluitende Iemand, is sy deel van die proses – van die skryf tot die opname. Geraldine gee haar idee van waaroor die liedjie moet gaan en hoe dit moet klink.

“Dit is vir my belangrik om iets te sing wat in my hart is en waarvan ek ook sal hou. Die maak van Iemand het ek ongelooflik baie geniet. Van die skryf van die liedjie tot die opname. Daardie dag in die studio het ek regtig my hart uit gesing.”  

Robin Kielly, wat die liedjie vervaardig het, sê: “Om vir die tweede keer saam met Geraldine te werk aan die opname van ’n liedjie, was ’n wonderlike proses. Sy is doelgerig en het baie gegroei en verbeter sedert die vorige keer wat ons saam gewerk het. Verder het sy ook bewys dat sy baie veelsydig is en moeiteloos kan oorskakel van ballades na danstreffers. Geraldine, hou so aan! Ek wens jou alle voorspoed toe.”

Geraldine het ’n opwindende jaar agter die rug met onder andere ses vertonings by Innibos, ’n optrede by Weiveld, asook Mis – haar tweede enkelsnit wat April uitgereik is – en nou is sy terug met iets nuut wat niemand ‘Sommer’ wil ‘Mis’ nie.

Geraldine Scholtz wil graag Iemand met haar werk inspireer en haar nuutste enkelsnit is beslis ’n bewys hiervan!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.