Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Nuwe Heuning-enkelsnit is ’n ‘maatstaf’ van hul sukses
Nuus

Nuwe Heuning-enkelsnit is ’n ‘maatstaf’ van hul sukses

Redaksiespan14 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Suid-Afrika se bekroonde country-duo is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Maatstaf Vir My Hart, wat nie net gaan voortbou op die unieke moderne country-popstyl waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, se nuutste vrystelling kombineer ’n lekkerluisterwysie met hoendervleismooi lirieke, wat sommer dadelik diep in jou hart kruip wanneer jy dit hoor. Die liedjie is deur Vaughan en Nerine Gardiner geskryf en gaan oor ’n persoon wat haar geliefde verloor het, maar die positiewe daaruit haal deur hulle tyd saam te koester en alle potensiële verhoudings te meet aan die liefde wat hulle gedeel het.

“Ek skryf gewoonlik self ons musiek, maar toe ons hierdie snit hoor het ons dadelik daarvan gehou omdat dit perfek pas by die styl wat ons wil oordra,” verduidelik Jeanette. “Ek dink dat baie mense met die lirieke sal kan vereenselwig en die musikale kant daarvan is opgewek en energiek.”

Luister hier na ’n voorskou:

Dit is die groep se eerste opname met Hansie as nuwe lid en hulle hoop dat hulle musiek vir luisteraars iets sal beteken, al is dit net om hulle te laat glimlag na ’n lang dag. Die enkelsnit is die eerste vrystelling vanaf hulle nuwe album, wat later vanjaar uitkom en daar word ook reeds aan ’n musiekvideo beplan.

Heuning se selfgetitelde debuutalbum is in 2012 uitgereik en was onmiddellik ’n treffer onder jonk en oud. Nie net het dit in 2013 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Country-album en ’n Huisgenoot Tempo-benoeming vir Beste Nuweling opgeraap nie, maar ook talle radiotreffers opgelewer, waaronder As ek Val, Bietjie Langer Bly, Drome, Skree en Ek Wil Met Jou Dans, asook talle suksesvolle musiekvideos wat vandag nog op die kassie te sien is. Die vrystelling van hulle album, Drome, in 2015 het vir hulle die geleentheid gegee om by die Crystal Palace in Bakersfield, Kalifornië, te gaan optree.

Nadat een van die oorspronklike groeplede, Henk Dercksen, in 2016 besluit het om Spanje toe te gaan was die musiekpaar steeds so in aanvraag dat Jeanette besluit het om die duo vir ’n lewendige orkes te verruil wat baie goeie aftrek gekry het. Hansie, wat op daardie stadium vir die orkes baskitaar gespeel het, het egter so goed ingepas as gevolg van sy talent en veelsydigheid dat daar besluit is om weer terug te keer na die groep se oorspronklike formaat.

Jeanette Pretorius het van kleins af ’n passie vir musiek. Sy het op twaalfjarige ouderdom reeds haar debuutalbum by Boet Pretorius van Decibel Musiek opgeneem, waarna vyf ander (waarvan twee kinderalbums en een ’n country-album is) gevolg het. Alhoewel sy van ’n wye verskeidenheid musiek hou, lys sy Martina Mcbride, Carrie Underwood en Patsy Cline as haar grootste musiekinvloede. Dié talentvolle gesinsvrou, is nie net ’n goeie sanger nie, maar ook ’n kranige liedjieskrywer, jodelaar en aktrise, wat al verskeie gasverskynings op die kassie gemaak het. Verder het sy al op verskeie leefstylprogramme opgetree, waaronder Jukebox, DKNT, Noot vir Noot, Bravo, Kwêla en vele meer. “Alledaagse dinge wat met my en mense om my gebeur inspireer my om liedjies te skryf. Ek glo dat ’n mens met musiek die negatiewe dinge wat gebeur ook in ’n positief kan laat verander,” sê die blondekop. Daarom glo sy dat sy die beste moet maak van haar Godgegewe talent en wanneer sy nie saam met Hansie optree nie, werk sy kliphard aan haar eie solo-kinderprojek. “Dit is vir my lekker om saam met my mede-musikante musiek uit te leef en om te sien hoe mense dit geniet wanneer hulle daarna luister,” voeg sy by.

Hansie Roodt het in ’n musikale huis grootgeword. Sy pa was ’n meesterkitaarspeler, saam met wie sy ma soms gesing het en sy broers is ook gesoute musikante. Sy loopbaan het egter eers in 2010 afgeskop, maar sedertdien was daar al baie hoogtepunte en kon hy al saam met baie bekendes musiekmaak, waaronder Mel Botes. Hy geniet ’n breë spektrum musiekgenres, wat wissel van Jazz tot Heavy Metal, en het groot waardering vir John Petrucci en Mark Knopfler se werk. As hy nie ’n musikant was nie, sou hy graag ’n weermagvlieënier wou word: “Ek dink dat ’n mens daar in die wolke ongelooflike vryheid kan beleef… en dames hou dan so baie van ’n man in ’n uniform,” vertel hy met ’n vonkel in die oog. Die bedryf het hom geleer om altyd voorbereid te wees vir jou vertonings, omdat daar niks so sleg is as om saam met iemand te werk wat nie weet wat aangaan nie. Wanneer hy nie optree nie, is hy die musiekkoördineerder by sy kerk en gee hy kitaarlesse. “Die lekkerste ding van my beroep is om nuwe mense te ontmoet, deur die land te toer en om te sien hoe musiek mense raak,” sê hy.

Die sangpaar het nog baie planne en drome en sal graag in die toekoms wil hê dat hulle musiek soveel as moontlik plaaslike en internasionale gehore moet bereik. Maatstaf Vir My Hart gaan nie net ’n gunsteling wees op al wat treffersparades is nie, maar gaan ook voortbou op die sukses wat Heuning reeds bereik het as ’n alternatiewe country-duo met musiek wat direk met die hart praat.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.