Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Dirk van der Westhuizen se nuwe enkelsnit is ‘net so mmm’!
Nuus

Dirk van der Westhuizen se nuwe enkelsnit is ‘net so mmm’!

Redaksiespan19 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

As jy al ooit gevoel het dat jy van iemand hou, maar nie jou gevoelens in woorde kan sit nie, is die sanger Dirk van der Westhuizen se splinternuwe enkelsnit, Net So (Mmm), net vir jou!

Dié kontemporêre dansliedjie uit die pen van die bekroonde skrywer Johan Oberholzer gaan daaroor om op iemand verlief te wees, maar nie die regte woorde het om die gevoel binne jou te beskryf nie. “Soveel keer gebeur dit dat mense van mekaar hou, maar hulle het net nie die woorde om te beskryf hoe hulle oor mekaar voel nie,” sê Dirk.

Volgens die sanger het hy juis op dié liedjie as sy volgende enkelsnit besluit omdat dit altyd ’n glimlag op sy gesig sit en hy voel die publiek sal beslis daarmee kan vereenselwig. “Ek dink baie mense van die publiek gaan hulself in daardie posisie kan plaas want almal van ons het op een of ander stadium nie woorde gehad vir iemand wat so met ons toor nie!” Die opgewekte goedvoel-liedjie sal enige iemand, jonk of oud, laat saam sing én dans.

Die musiekvideo vir Net So (Mmm) is deur Christiaan Wolf van Brick Wolf Productions opgeneem en vervaardig. Die video is tydens Dirk se albumbekendstelling by die Afrisaam Fees op Springs geskiet. Die gehoor kon lekker saam sing en dans in die video en die gevoel van passie is elektries. Oor dié konsep, wat ’n ongelooflike ervaring vir Dirk was, vertel hy: “Dit is om vir die publiek ’n voorsmakie te gee van wat by my vertonings gebeur en die energie wat gepaard gaan daarmee op die verhoog.”

Kyk die musiekvideo hier:

 
Dirk vertel dat hy graag ’n positiewe gevoel deur sy musiek wil oordra. Verder brei hy uit: “Ek wil graag hê my musiek moet mense net gelukkig laat voel en laat besef dat hulle elkeen uniek en wonderlik is.”

LEES OOK: Dirk van der Westhuizen blus die koue met ’n ‘sexy’ nuwe treffer

Vra jy hom uit oor die toekoms antwoord hy: “Om te loop waar God my lei, my lewe en toekoms is in Sy hande.” Vra jy dieselfde vraag vir sy aanhangers, is hulle van mening dat Dirk net nooit moet ophou sing nie en kry hulle net eenvoudig nie genoeg van hom nie. Vir Dirk is sy aanhangers soos familie en wil hy hulle graag net trots maak en gelukkig laat voel.

Net So (Mmm) is op Dirk van der Westhuizen se nuwe album Sexy Vi My, wat landswyd in musiekwinkels asook op digitale platforms soos iTunes en JOOX, beskikbaar is.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.