Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Joshua na die Reën stel ‘Stof en Sterre’ bekend
Nuus

Joshua na die Reën stel ‘Stof en Sterre’ bekend

Redaksiespan18 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Joshua na die Reën se album, Die Wêreld Binne My, se liedjies is persoonlik en handel oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister.  Die genre is stadium rock en die album bestaan uit sestien oorspronklike introspektiewe snitte.

LEES ONS ALBUM RESENSIE HIER

Een van hierdie snitte is Stof & Sterre en dit word nou, gedurende die week van 18 Junie 2018, aan radiostasies landswyd uitgereik.

“Nadat ek lank oorweeg het wat Nandi van Deventer se verjaarsdagboodskap aan my, op 11 September 2016, kon beteken, het ek tot die oortuiging gekom dat die stof waaruit die mens gemaak is, iewers ’n gedaanteverwisselling moet ondergaan, en dan soos sterre in die nagruim voortbestaan. Ek wil ’n vergelyking skep tussen die mens as stof, en die mens as ster. Die proses van stof na sterre verg ’n veranderde uitkyk na die daaglikse omgang met alles om jou, asof alles saamwerk om die stof (die onafgeronde in ons) na sterre (iets wat deur ewigheid afronding kon deurstaan en nou lig uitstraal) te verander,” sê hy.

Luister hier na ’n voorskou:

“Hierdie proses raak ook ’n tweekantige samewerking tussen my en jou, want as ons by mekaar is moet die stof tussen ons in sterre verander:

Ek wil loop waar stof in sterre
Verander my hartklop
Na waar die winde en die weer en wolke saamwerk om stof in sterre te verander
Verander dan my hart

Die volgende gedagte wat my ontwaak het, word in die tweede vers beskryf:

Wanneer die wêreld in my donker raak
Staan jy op ’n berg soos ’n stad

Die lig van jou strate
reis oor die vlaktes heen
tot binne my hart roep dit uit
In die skemer as die kleur vanuit my wêreld wegraak.

In die onsekerheid staan jou poorte vir my aanhoudend oop.

Ek het ’n begeerte dat my poorte altyd sal oopstaan vir jou as mens, sodat wanneer die wêreld ’n donker plek raak, jy steeds ’n veilige plek in my sal vind en ek in jou.”

Nandi van Deventer se boodskap aan Joshua na die Reën op 11 September 2016 was dit: “Mag jou voete altyd loop waar stof in sterre verander.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.