Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Verona stel musiekvideo vir treffer bekend!
Nuus

Verona stel musiekvideo vir treffer bekend!

Redaksiespan15 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: KeyArt Services

Verona het beslis geen bekendstelling nodig in vermaakkringe nie. Dié kleindorpiemeisie van Meyerton het oor die afgelope paar jaar nie net naam gemaak as realiteitsprogramster, radio-omroeper en televisieaanbieder nie, maar ook as joernalis, vervaardiger en sanger.

Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Maskers, vanaf haar gelyknamige debuut album wat eersdaags uitgereik word, is onlangs vrygestel en het reeds ’n Nr. 1 plek op beide 90.6 VCR en SFM Streek se trefferparades bereik.  Die snit, wat deur haar en Hugo Ludik geskryf is, het ’n folk-pop-aanslag met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat die luisteraar vir lank sal bybly.

LEES OOK: Verona se talent ‘ontmasker’ met eerste enkelsnit

“Dit gaan oor die maskers wat jy dra in jou lewe. Die meeste van ons skuil agter maksers om ons ware self weg te steek en te beskerm. Dikwels bang om onsself te wys. Ons steek ook seerkry en swaarkry so weg. In hierdie liedjie probeer ek mense aanpor om van daardie maskers ontslae te raak waaraan jy so swaar dra, want om met maskers deur die lewe te gaan sal  ʼn mens nooit leer nie,” vertel sy.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie word ook nou uitgereik en is vervaardig deur KeyArt Services.

Kyk die video hier:

 

Volgens Verona, was ’n vriend van haar die inspirasie agter hierdie treffer. “Ek het ʼn vriend wat jare lank al in die vermaaklikheidbedryf as ‘jester’ werk. Hy het al baie vir my vertel hoe dit soms bevrydend is om daardie wit gesig op te verf en daaragter te skuil vir die aand se werk. Niemand ken jou nie. Jy verloor alle inhibisies en jy is vry. Somtyds is ʼn masker bevrydend, want as niemand jou kan sien nie is dit mos soveel makliker om te wees net hoe en wie jy wil wees. Dit het my laat dink aan die mensdom se alle daagse ‘maskers’ wat ons saamdra. Daar is tog soveel verskillende maskers,” verduidelik sy.

“Mense steek seer weg, tree dalk skynheilig op, sit ʼn gesig op omdat jy dalk probeer voorgee wat jy nie waarlik is nie. Ons is te bang om onsself te wys. Te bang dat ander nie sal hou van wat hulle sien nie. Ironies genoeg het ek besef dat maskers so beperkend is. As jy nooit jouself kan wees nie, hoe sal jy groei of leer? Dis ook uitputtend om heeltyd voor te gee wat jy nie is nie.”

Kom ons ontmasker. Kom ons word sterker. Haal af jou masker, kyk wat skuil daar agter. Gee jouself vlerke, jy weet jy’t geen perke. Haal af jou masker. Wys wat skuil daar agter…

Met hierdie liedjie deel sy nie net haar siel nie, maar ook haar ongelooflike sangtalent met die wêreld.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.