Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Sharoney steel harte met nuwe enkelsnit
Nuus

Sharoney steel harte met nuwe enkelsnit

Redaksiespan28 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Suid-Afrika se gunsteling-borrelende blondekop, Sharoney, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat sommer diep in luisteraars, van alle ouderdomme, se harte gaan kruip.

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant. “Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord gehad om dit vas te vang nie.”

Dié lekkerluistertreffer bou voort op die ritmiese popmusiekstyl waarvoor die sangeres bekendheid verwerf het en nooi jou uit om spontaan saam te sing of ’n draai op die dansvloer te gaan maak. “Ek sal graag wil hê dat luisteraars dieselfde gevoelens moet beleef wat ek en die skrywsers van die liedjie gevoel het. Dat dit hulle so ’n bietjie terug in tyd sal neem en sag op die oor sal val,” sê sy.

’n Musiekvideo van die popliedjie word ook binnekort verfilm en Sharoney is sommer baie opgewonde om dit met die wêreld te deel. “Fathom Media gaan weereens betrokke wees by hierdie produksie wat by ’n hoërskool gaan afspeel. Ek was self verantwoordelik vir die konsep en het my eie ervaring as inspirasie gebruik. Dit vertel die storie van die gewilde ou in die skool, elke meisie se droomkêrel, en die gewone meisie wat maar net altyd daar is. Sy staar na die jongman en kan maar net dagdroom oor die toekoms. Hoe die toneel verder afspeel is dalk soos ’n feëverhaal. Sal die prinses haar prins kry? Ons sal maar moet wag en sien…,” verklap die kunstenaar opgewonde.

Crush is die derde vrystelling vanaf haar nuutste album, Skyn, wat in 2018 benoem is vir ’n Ghoema-toekenning vir Beste Popalbum Deur ’n Vroulike Kunstenaar. Die titelsnit is baie goed ontvang en het die nommer 1-posisie op Lekker FM se treffersparade beklee. Verder was dit ook verskeie weke onder die top 10 op Bosveldstereo se Afrikaanse Top 20, die kykNET Top 20 en VCR se Baanbrekers. Die musiekvideo kan steeds gereeld op die kassie gesien word.

Sharoney het in 2014 die musiekwêreld amptelik betree toe haar eerste enkelsnit, Een Keer, wat deur ADAM se Hugo Ludik en Reynardt Hugo geskryf is, binne enkele dae die trefferleer begin klim het en sommer vir lank bo-aan, al wat ’n treffersparade is, gekuier het.

Kort daarna is haar debuutalbum, In Ons Fairytale, vrygestel en dit was ook ’n kitssukses wat aan haar in 2015 twee Ghoema-nominasies (Nuweling van die Jaar en Beste Pop-Album deur ’n Vroulike Kunstenaar), asook ’n benoeming vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning (Nuweling van die Jaar) besorg het. Prinses, haar tweede enkelsnit uit die pen van Hugo Ludik en Reynardt Hugo, was ook baie gewild en het dadelik lugtyd gekry oor die radio en ook op televisie. Die derde en vierde enkelsnitte, Fairytale en Wees My Held, het kort daarna gevolg en haar plek in die harte van Suid-Afrikaners verstewig en voortgebou op die sukses wat sy reeds bereik het.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy baie betrokke by die Dare To Care-liefdadigheidsinisiatief wat uitreik na mense en organisasies in nood. Die ster is ook besig om saam met een van haar borge, Katoenkind, te werk aan die ontwerp van haar eie Sharoney T-hemp en het pas aangekondig dat sy in 2019 deel gaan wees van die Bokboot-konsert. Haar weergawe van MercyMe se gospeltreffer, I Can Only Imagine, is onlangs uitgereik as deel van ’n uitdaging om hierdie internasionale fliek in Suid-Afrika te bemark en is baie goed ontvang.

LEES OOK: Borrelende sangeres gee om!

Crush is die perfekte liedjie vir enige kuier of danspartytjie en sal beslis iets wees waarna meisies, wat met dieselfde gevoelens worstel, oor-en-oor gaan luister. Dit is Sharoney se sewende enkelsnitvrystelling en ’n pragtige getuigskrif van hoekom sy so ’n gewilde naam in die musiekbedryf is.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.