Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Spoegwolf skep nostalgie vir die nuwe generasie
Nuus

Spoegwolf skep nostalgie vir die nuwe generasie

Redaksiespan26 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

In die laat tagtigs het mense soos Johannes Kerkorrel albums uitgereik wat jou oë laat rek het – alternatief, tog emosiebelaaide lirieke met rou, eerlike stemwerk. En hier verskyn weer een van dáárdie albums.

Spoegwolf het in 2012 ontstaan toe die lede; Danie, Chris, Albert en Moskou saam in die Paarl op skool was. Danie en Moskou is ook broers. Danie skryf die liedjies en doen die stemwerk. Chris sorg vir die kitare, klawers en die produksie. Albert is op baskitaar, terwyl Moskou die dromme en perkussie behartig.

Hul jongste album, Die Donker Toring, is akoesties goed versorg en die liedjies bevat temas wat allerdaags is, maar wat min oor sing. Snitte met titels soos Geel, Hartaanval en Seer maak jou so nuuskierig dat jy wil spring deur die snitte en weer terugkom na waar jy was.


Hierdie album is nie net vir die jeug nie, maar beslis vir enigeen wat van rou, eerlike musiek hou. Die album het ontwikkel in ’n ateljee in Stellenbosch waarna die grootste gedeelte opgeneem is by Sunset Recording Studios deur Gurgen von Wechmar.

Hierdie nuwe groep gaan beslis onder die volk se vel inkruip. Hul tree landwyd op, maar is veral gewild in Pretoria en Potchefstroom tussen die studente.

Wanneer die laaste snit uitdoof, verstaan jy hoekom hulle ook tans benoem is vir ’n Ghoema-toekenning! Spoegwolf gaan nostalgie skep vir ’n nuwe generasie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.