Goue status vir Juan Boucher

Afrikaanse musiek spog met nog ʼn goue album.

Juan Boucher se nuutste album Onthou Jy Om Jonk’ het in minder as drie maande goue status behaal. En watter meer gepaste manier was dit, om dit saam met die bekendstelling van ’n splinternuwe video Onthou Jy Om Jonk’ te vier.

Die spesiale geleentheid is onlangs in samewerking met Jukebox op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai. Die video het in minder as 48 uur reeds meer as 7000 trefslae gespog.

Juan se nuwe album is nog steeds in die top 40 op nasionale verkope en is besig om weer teen die ranglyste op te beweeg. Met ʼn bykans volsbespreekte dagboek is Juan oortuig die album het nog nie naastenby sy volle potensiaal bereik nie.

Juan Boucher is in 2017 aangewys as die mees gewildste manlike kunstenaar (soos gekies deur die publiek) by die Ghoemas 2017.