Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Leah is die nuwe Boer Soek ’n Vrou aanbieder
Nuus

Leah is die nuwe Boer Soek ’n Vrou aanbieder

Redaksiespan11 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

kykNET het onlangs bekend gemaak dat die sangeres en aktrise, Leah, die leisels by Minki van der Westhuizen as Boer Soek ’n Vrou-aanbieder sal oorneem.

LEES OOK: Nóg ’n wonderwerk vir Leah

Dit volg nadat Minki verlede maand aangekondig het dat sy nie meer die program gaan aanbied nie. Minki het die program verlaat as gevolg van logostiek rondom haar derde kind se geboorte. Sy en haar man Ernst verwag hul derde bondeltjie in Maart.

Leah sal die volgende seisoen van Boer Soek ’n Vrou aanbied en die vyfde aanbieder van dié program wees, wat sedert 2007 op die kassie is.

“Leah is ’n bekroonde kunstenaar en het al talle musiekpryse soos die Ghoema Nuweling van die Jaar-toekenning in 2016 en talle Huisgenoot Tempo-toekennings ingepalm. Deesdae is sy ook ’n aktrise in die kykNET-film Susters,” lui ’n verklaring van kykNET.

Leah volg in Minki se voetspoere wat die laaste twee jaar boere regoor die land besoek het.

Volgens Leah is sy reg vir die plaas en is dit vir haar ’n droom wat waar word om Boer Soek ’n Vrou aan te bied. “Ek weet ek het groot skoene om vol te staan, maar ek is nie bang vir ’n uitdaging (of vir ’n bees, ’n skaap of ’n boer) nie,” sê sy.

“Ek sien baie uit om mense se lewe moontlik met die liefde te verander.”

Volgens die verklaring is Minki tevrede met die nuwe gesig van die nuwe seisoen. “Deelnemers en kykers gaan beslis aanklank vind by Leah, want sy is ’n opregte mens,” het Minki gesê.

Leah se nuwe album word in Maart maand vrygestel.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.