Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’
Nuus

Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’

Redaksiespan8 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dalk het hy al vir ’n geruime tydjie soos ’n akteur begin voel as mens in ag neem die musiekvideo van sy treffer, Skepe, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.

LEES OOK: Jo Black, meer as net baard en tattoos

Maar nou het Jo Black en sy baard die grootskerm betree met die aankondiging dat hy sy opwagting gaan maak in die rolprent Susters.

Jo sluit aan by ’n sterk rolverdeling wat Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle insluit. Dié verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.

Die rol self is volgens Jo kleinerig, maar hy speel homself en ten minste het hy “baie ervaring in die vertolking van daardie rol.” Fliekvlooie kan selfs ’n paar blomme in daai baard van hom te wagte wees.

Bly hier ophoogte van die jongste flieknuus

Moeilik om te dink dat hy tussen sy besige program gevul met konserte en Be That Guy verskynings by skole regoor die land, nog tyd kon inruim vir ‘n rolprent ook. As mens hom vra oor wat sy vrou en kinders gedink het oor sy verskyning in ’n rolprent, antwoord hy skamerig dat hulle mal daaroor was.

Boonop sing die platinumverkoper-kunstenaar die titelsnit van die rolprent, Nooit Alleen, saam met Leah en die liedjie het reeds die nommer 1 posisie op radiostasies se trefferslyste regoor die land bereik.

Kyk die musiekvideo van Nooit Alleen hier:

Susters word landwyd op 30 Maart uitgereik en beloof om een van daardie goedvoel rolprente te wees, en boonop in Afrikaans, wat mense vir lank aan die praat gaan hê.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.