Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Kurt Darren: Laat Die Dansvloer Brand
Resensies

Kurt Darren: Laat Die Dansvloer Brand

Leoné Prinsloo3 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Select/Sony Musiek (2017)

[yasr_overall_rating]

Kurt Darren se nuutste album, Laat die dansvloer brand bied oudergewoonte ’n groot verskeidenheid van polsende dansliedjies wat jou voete sal laat jeuk tot diepsinnige liefdesballades wat jou hart sal laat vermurwe. Die bekende mite dat Kurt net in staat is tot borrelgom lirieke wat sy aanhangers half breindood saamsing, word finaal nek omgedraai deur hierdie album wat ongetwyfeld vir heelwat aangename verrassings gaan sorg. Dit volg op dié Kaptein van Afrikaanse dansmusiek se ongekende sukses wat hy die afgelope twee en twintig jaar reeds met ‘n ellelange rits treffers bereik het.

Die titelsnit, Laat die dansvloer brand waarvoor daar selfs vlamme op die album se omslag aangebring is, verseker dat dansvloere regoor die land letterlik aan die brand gedans gaan word. Jy’s ’n legend, die eerste enkelsnit vanaf hierdie album kan as ’n ode aan bekende persoonlikhede en sportsterre sowel as alledaagse mense beskryf word wat ongewone dinge doen en diegene rondom hulle daardeur inspireer. Kurt het met ’n uiteenlopende verskeidenheid liedjieskrywers insluitende Niel Scoombee, Loki Rothman, Gian Groen, Demi-Lee Moore, Tarryn Lamb, Daniel Green, Fred den Hartog en Hunter Kennedy kragte saamgesnoer.

Alle paaie lei na liefde, ’n meesleurende liefdesballade wat Kurt saam met Demi-Lee Moore geskryf het, sal die hart van menige romantiese dromer moeiteloos verower. Depth of My Heart, sy duet met Corlea Botha bied ’n aangrypende liefdesverklaring wat in samewerking met Tarryn Lamb van Blackbyrd-faam ontstaan het. Boesem is ’n liriekgedrewe juweel vanuit Gian Groen se pen waarin die skrywer van sy soeke na ’n rusplek vir sy drome en vrede vir sy siel vertel.

Selfie Song is ’n ritmiese duet met Leah en Snotkop waarin ligte popmusiek met rap vermeng word om’n aansteeklike treffer tot stand te bring. Dit volg na afloop van die groot sukses wat Kurt en Snotkop met hulle vorige trefferduet, Stoomtrein bereik het. Fluit Fluit wat beloof om veral by die jongspan aanklank te vind, maak van verskeie karakters uit bekende kindersprokies soos Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies asook Rooikappie en Aspoestertjie gebruik om die liefde uiteindelik te kan bevraagteken.

Daardie kenmerkende klank wat so eie aan Die Heuwels Fantasties se musiek is, kan duidelik tydens Loki Rothman se liedjie Klein Dinge sowel as die slotlied, Haal Asem gehoor word. Dis hoofsaaklik te danke aan Fred den Hartog, Hunter Kennedy en Dane Taylor wat destyds ook vir die produksie, verwerkings en meng van Kurt se reuse treffer, Dans op die Tafels verantwoordelik was. Kurt se sielvolle vertolking van Ed Sheeran se Perfect wat sy besondere tenoorstem soos ’n handskoen pas, laat sonder twyfel aan dié bekende treffer reg geskied.

Anneke van der Merwe se kleurvolle omslag ontwerp getuig beslis van ’n effens ouer en wyser Kurt wat gemaklik en tevrede voel met die plek waar hy homself nou in die mark bevind. Robin Kielly, Dirk van Niekerk en Murray Lubbe, Fred den Hartog, Hunter Kennedy en Dane Taylor is die begaafde regisseurs aan die stuur van hierdie album se produksie, verwerkings, opname en meng. Raymond Green, Juan “Floors” Oosthuizen, Fred den Hartog, Hunter Kennedy en Dane Taylor sorg vir meesterlike kitaarspel terwyl die talentvolle Jaconell Mouton op die klavier gehoor kan word.

Hierdie album wat van verfrissende samewerkings en heelwat nuwe bloed getuig, is die onteenseglike bewys daarvan dat Kurt nie bang is om homself sowel as sy klank voortdurend te vernuwe nie. Hy slaag daarin om ’n wye spektrum van musikale style en genres moeiteloos tot ’n lekker luister eenheid saam te snoer, maar sonder om heeltemal van sy suksesresep af te wyk. Laat die dansvloer brand sal aanklank vind by oud en jonk wat ’n passie vir die liefde, die lewe en alles tussen in koester.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.