Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Pluk jou ‘Appel’ terwyl dit nog vars is!
Nuus

Pluk jou ‘Appel’ terwyl dit nog vars is!

Redaksiespan6 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die naam is eintlik geen vreemdeling vir Afrikaanse musiek nie. Appel, (Christoph Kotzé) is een van Suid-Afrika se besigste kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers met kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN, Laurika Rauch, Bok Van Blerk, Lianie May en Dewald Wasserfall wat al treffers gehad het met liedjies uit sy pen. Maar nou betree hy die kollig onder die ander naam wat kunstenaars hom al lank voor ken: Appel.

As jy al by vertonings by feeste soos Aardklop, Innibos en die Rittelfees bygewoon het, het jy Appel dalk al sien optree. En na sy Ghoema-toekenning vir Liedjie van die Jaar vir EDEN se Superhero en die titelsnit treffer uit die rolprent Somer Son, kan liefhebbers van Afrikaanse musiek hul nou gereed maak vir Lei My Na Die Water, ’n CD gevul met 17 liedjes insluitend die titelsnit. Uiteindelik, na bewonderaars al vir jare probeer om hom sover te kry om sy eie album vry te stel, het hy nou gehoor gegee.

Die eerste enkelsnit Lei My Na Die Water het al op verskeie radiostasies die nommer een posisie beklee, en het ongelooflike aandag uitgelok.

Luister na ’n voorsmakie van Lei My Na Die Water hier:

Oor die titelsnit het Appel die volgende te sê: “Ek het die inspirasie gekry vir die lied toe ek vir drie maande in die hospitaal gelê het en my vrou oggend in en aand uit my bygestaan het, aan my sy was toe ek weer tree vir tree leer loop het, woord vir woord weer leer praat het. Sy het letterlik my sielkundige wonde gebalsem.”

“Ek het daar die krag van ware liefde begryp en hoe ons vir mekaar baie meer kan beteken as enige aardse dinge. Die waarheid is dat in vandag se tyd en eeu is ons baie gedrewe op onsself, die krag van die individu, maar eintlik hoort dit nie so nie. Ons kort mekaar en die krag van liefde word verskriklik onderskat. Ek hoop terdeë dat hierdie lied mense se harte kan oopmaak en laat besef dat ‘n helpende hand weer die siel se vure kan laat brand.”

Appel was nog nooit geken om dinge op klein skaal te doen nie, en daarmee is dit ook geen verrassing dat hy sy solo-loopbaan afskop met ’n trilogie van musiekvideo’s. Hierdie drie video’s, vorm saam ’n kort film, wat aaneenlopend kykers op die punte van hulle stoele sal hou. Die trilogie simboliseer die stryd wat Appel teen die dood oorwin het drie jaar terug, en dit belowe om die hartsnare te ruk. Die videos vir die liedjies Lei My Na Die Water, Kom En Lê My Neer en die ode aan sy vrou Vroumens sal deur die loop van Mei en Junie vrygestel word. Daar kan groot verrassings verwag word in hierdie tydperk. Die video’s was verfilm deur die bekroonde Gerhard Van Rooyen.

Benewens Lei My Na Die Water, is daar ook ’n duet saam met Bok van Blerk met die titel Lemoene en ’n paar Engelse snitte, op die album. Appel sien homself as ’n storieverteller en dit skemer beslis deur in sy musiek met lirieke wat handel oor die liefde en die impak daarvan op mens se lewe. Die liedjies het almal diepte, maar met ’n kommersiële aanslag wat steeds die hartsnare sal roer.

As jy dus hou van volwasse kontemporêre popmusiek, wees op die uitkyk vir die album wat nou landswyd op die rakke beskikbaar is. Die album is ook op Apple Music en iTunes beskikbaar.

Kontak Inhouse Agency (aida@ihagency.co.za) as jy Appel wil bespreek vir ’n optrede met ’n persoonlike en intieme ervaring.

Om op hoogte te bly van Appel se avontuur, en optredes, volg hom gerus op sy Facebook-blad, Twitter of Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.