Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Riana Nel: Jy Sal Weet
Resensies

Riana Nel: Jy Sal Weet

Leoné Prinsloo23 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2016)

[yasr_overall_rating]

Riana Nel se derde Afrikaanse album, Jy sal weet wat vroeër vandeesmaand bekend gestel is, verstom weereens met meesleurende melodieë en betekenisvolle lirieke wat beslis menige hartsnare gaan roer. Dit volg kort op die ongekende sukses van haar vorige Afrikaanse albums, Die Moeite Werd waarmee sy in 2011 die mark betree het en Die Regte Tyd wat in 2015 as die topverkoper album van die jaar by die gesogte SAMA-toekennings aangewys is. Sy het egter reeds vanaf ’n baie jong ouderdom met haar Gospel-albums, Oopmond, The Cure en Someone with skin binne die internasionale mark bekendheid verwerf.

Dié boorling van Namibië wat self vir die skryf van byna al die liedjies op hierdie album verantwoordelik was, het deur die jare heen vir haar persoonlike, byna introspektiewe skryfstyl bekend geword. Jy sal weet waaraan sy twee jaar lank geskaaf het, is beslis geen uitsondering nie, want sy is intussen getroud en het ook onlangs vir die eerste keer ma geword. Baie van die opnames vir die album het boonop plaasgevind terwyl sy nog swanger was wat noodgedwonge ’n besondere emosionele verwantskap aan die inhoud van die liedjies verleen het.

Die titelsnit, Jy sal weet wat beloof om nog ’n groot treffer onder enkellopendes te word, dien as bemoediging vir diegene wat nog nie hulle sielsgenoot gevind het nie. Skouers, haar Afrikaanse vertaling en vertolking van Joel en Luke Smallbone van For King & Country se groot treffer, Shoulders is beslis een van die grootste verrassings op die album. Ander potensiële treffers sluit in Selfde bed, Nooit te laat, Tot die einde, As jy dit bedoel en Might give in. Haar vokale vertolking van Phil Hanseroth se The Story sal jou sprakeloos laat. Die album bevat verder ook met baie spesiale liedjies soos Sal by jou staan en The Best of Me wat onderskeidelik vir haar pa en haar eersteling, Tristian geskryf is. ’n Gospel-medley bestaande uit nuwe verwerkings van tradisionele gunstelinge wat hierdie album afsluit, herinner baie sterk aan Riana se vroeë gospel loopbaan.

Jy sal weet spog oudergewoonte nie net met inspirerende lirieke nie, maar ook met meesterlike stemproduksie, pogrammering en instrumentale verwerkings deur van ons land se voorste musikante soos Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Stefan Swart en Ewald Jansen van Rensburg. Die byna skilderagtige afwerkings van die unieke album omslag wat Riana self ontwerp het, herinner luisteraars immers opnuut daaraan dat dit ’n kunstenaar se siel is wat hierin opgesluit lê.

Alhoewel hierdie album grootliks die suksesresep van haar vorige twee Afrikaanse albums volg waarin duidelike elemente van pop- en countrymusiek te bespeur is, getuig die inhoud tog van persoonlike groei. Daar is ’n nuutgevonde volwassenheid in Riana se werk aanwesig wat waarskynlik toegeskryf kan word aan die wete dat haar hart uiteindelik na soveel jare nou sy lê gekry het. Jy sal weet is ongetwyfeld ’n album waarmee enigeen sal kan identifiseer, ongeag of jy nou al die liefde van jou lewe ontmoet het al dan nie.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.