Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Jacques Leonard: ‘Mense moet oopkop luister na musiek’
Nuus

Jacques Leonard: ‘Mense moet oopkop luister na musiek’

Redaksiespan22 Junie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: YouTube skermskoot

Jacques Leonard het nog altyd gedroom daarvan om eendag op ’n verhoog voor ’n mikrofoon te staan. Daar was áltyd musiek in die huis en soms het hy sommer saamgesing. Dis eers op hoërskool waar die musiekgogga behoorlik begin byt het toe dié sanger die destydse MK-kanaal ontdek het. 

“Daar was al die bands en ek het baie aanklank gevind by hierdie alternatiewe klanke. Toe dink ek by myself, sjoe ek wil ook dít doen,” vertel Jacques in ’n onderhoud met Fanie Nel, redakteur van Afrikaanse Musieknuus. 

Op veertien het hy sy eerste kitaar by ’n familie vriend gekry. “Ek kon dit nie speel nie en nog minder noot hou. Maar ek weet ek wou altyd gesing en musiek gemaak het. Ek kon nie ander mense se musiek speel nie, so ek moes dus my eie maak,” vertel Jacques. 

Jacques sê deur musiek te maak en te skryf, kry hy as’t ware ’n ander tipe “confidence”. Dit hou hom gelukkig en sal altyd deel van hom wees. Vra jy hom waar hy sy inspirasie kry, vat hy ’n oomblik om dink… en sê dan dat alles in die lewe hom inspireer. “Ek vind inspirasie uit my binneste, dit wat ek voel, dit wat ek waarneem en sien, iets wat met mense om my gebeur en enigiets wat my hart raak en ander laat dink.” 

Sy enkelsnit en musiekvideo, Gee my net kans, het ook onlangs die lig gesien en gaan daaroor dat mense nie moet wag totdat iemand nie meer met ons is en dan sy of haar musiek luister nie. “Ek sien dit nogal baie in vandag se tyd, mense is nie oop vir iets nuuts nie. En ek dink met Afrikaans kan mens regtig oopkop wees. Dis ’n taal waarmee ’n mens soveel ‘boundries’ kan ‘push’,” vertel Jacques. Dit is basies ’n liedjie wat mense uitnooi om die wie se liedjie nie soos die allerdaagse Afrikaanse liedjies klink nie, ook ’n kans te gee. “Ek voel mense moet alternatiewe klanke nóú waardeer en nie wanneer die persoon nie meer daar is nie.”

Die musiekvideo vir die snit is eenvoudig, dog kragtig. Vir die video het Jacques en die kreatiewe regisseur, Casper Labuschagne – wat ook verantwoordlik was vir Jacques se vorige musiekvideos – koppe bymekaar gesit. “Ons het besluit om ’n video te maak wat net ’n normale ‘performance’ is.” “Ek moet bieg, die musiekvideo doen baie beter as die videos met storielyne,” verduidelik Jacques. 

Hy vertel dat daar partykeer baie waarde is in goed wat nie te ingewikkeld is nie. “Die volgende musiekvideo wat ons gaan maak, wil ons ook dié tegniek gebruik.” 

Die musiekbedryf het vir Jacques al ’n hele paar houe gegee…  “Wat die bedryf my geleer het, is om te werk. Jy kan nie verwag om iets daarbuite te sit en te hoop iemand gaan daarna luister nie. Ek het besef met almal wat ek mee gepraat het, dat dit baie harde werk verg om mense te kry om die musiek te luister as wat dit is om dit te maak. En veral nou dat daar nie shows is nie, moet mense soort van ’n digitale voetspoor hê om jou musiek te bemark.”

Jacques sê daar is nog so baie wat hy wil leer, en al vat dit hom nog 20 jaar, sal hy aanhou leer.

“Ek is musiek, ek gaan nie opgee daarmee.”

  • Jacques Leonard se musiek is beskikbaar op Spotify, Apple Music, Deezer en YouTube Music.
  • Volg hom op Facebook of Instagram om op hoogte te bly van sy doen en late.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP
Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’
Tamlyn Wessels kies liefde bo planne met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Tamlyn Wessels kies liefde bo planne met nuwe enkelsnit

17 April 2026

VanFokKingTasties is terug – en groter as ooit!

14 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.