Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Afrikaans is Groot»’n Vyfde AiG-konsert in Kaapstad ná rekordverkope
Afrikaans is Groot

’n Vyfde AiG-konsert in Kaapstad ná rekordverkope

Redaksiespan25 Januarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Rekordverkope vir die Kaapse Afrikaans is Groot-konserte was reeds op die eerste dag wat dit by Computicket geopen het aangeteken en dít was ’n goeie voorspelling van wat verder verwag kon word.

Vir die heel eerste keer ooit sal ’n vyfde Afrikaans is Groot-vertoning in Kaapstad aangebied word en kaartjieverkope vir dié konsert, wat op Donderdag, 14 Maart, om 19:30 sal plaasvind, is Donderdag, 24 Januarie om 10:00 geopen.

Verkope dui aan dat Kapenaars honger is vir Afrikaanse musiek en top-gehalte produksies. Kaartjies vir al die konserte op 15, 16 én 17 Maart is reeds uitverkoop.

Die ekstra vertoning op 14 Maart bied aan Afrikaanse musiekliefhebbers wat nog nie kaartjies gekoop het nie, die geleentheid om Afrikaans is Groot in Kaapstad by te woon.

“Ons is absoluut oorweldig met hoe vinnig die kaartjies uitverkoop het,” het Arnold Coleske,uitvoerende vervaardiger van die konsert, gesê. “Nadat ons rekordverkope op die eerste dag bereik het, het ons ’n vierde vertoning geopen, maar ons het nie gedink dat ons ’n vyfde konsert sal moet byvoeg nie. Ons is dankbaar vir elke lojale ondersteuner wat kaartjies gekoop het en verheug dat ons ’n ekstra vertoning kan aanbied,” het hy vertel.

“Die kunstenaars is ook opgewonde en gelukkig kon almal darem hulle planne vir die Donderdagaand aanpas sodat dié vertoning kan plaasvind.”

Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars, soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Jay, Riana Nel, Touch of Class, Tarryn Lamb, Dewald Wasserfall, Snotkop en Dirk van der Westhuizen, is almal saam op één verhoog.

Afrikaans is Groot in Kaapstad vind plaas op Vrydag, 15 Maart om 19:30, Saterdag, 16 Maart om 13:00 en 19:30, Sondag, 17 Maart om 13:00 en nou ook op Donderdag, 14 Maart om 19:30.

Kaartjies is slegs by Computicket beskikbaar. Kry joune aanlyn, of by Shoprite/Checkers en House & Home winkels. Wees waaksaam teen derde partye wat kaartjies aanbied.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.