Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Hammie is daardie één pel
Nuus

Hammie is daardie één pel

Redaksiespan30 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Almal het daardie één pel: ’n vreemde karakter wat ’n bietjie ‘gevaarlik’ is om na ’n kuier te nooi – iemand wat nie volgens die reëls speel nie, maar wat groter as die lewe self leef en die vibe neem na waarookal hulle is, ’n risiko, maar op al die regter maniere.

Daardie iemand is Hammie en hy, sy snor, sweetpak en splinternuwe enkelsnit is hier om jou partytjie op sy kop te draai.

Bruce Lee is ’n elektroniese, tong-in-die-kies danssnit met meer skop as die konkoksie wat die oom van die mampoerstalletjie in sy agterplaas aanmekaarslaan – iets wat die partytjie-ninja in selfs die mees konserwatiewe siel sal losskud en enige kuier in een van die boeke sal omskep.

Daar’s tonne ritme, aansteeklike techno-klanke en effekte, lekker lirieke met ’n onblusbare energie en polsende bas wat jou tot in jou binneste sal roer en jou agterkwart spontaan aan’t beweeg sal sit.

Luister hier na ’n voorskou:

Dié snit, soos ander wat ons binnekort van Hammie te wagte kan wees, het ontstaan uit sy liefde vir goeie songs, stories en komedie – ’n idee wat êrens by ’n epiese, ietwat onverantwoordelike laataand-kuier begin het en gegroei het tot iets wat al wat ’n dansvloer wat sy sout werd is gaan verower – van dansplekke tot rampartytjies, skoolsokkies, matriekvakansies, braaie wat tot twaalfuur loop en enige iets tussenin.

Hammie beskryf homsef as ’n optimistiese kêrel met ’n positiewe uitkyk oor die lewe – hier om sy lewe te geniet en nie te veel te stres oor goed buite sy beheer nie. Hy hou daarvan om die goeie in mense raak te sien, positief te wees, te lag en ander te laat lag, al is dit met ’n goeie dosis corny.

Wanneer hy nie besig is om vuurwarm treffers te maak nie, sê hy: “Ek dans graag in my vrye tyd alleen by die huis en as ek nie dans nie maak ek nes ek wil, tot my vrou my bel en sê ek’s besig om twak aan te jaag, dan maak ek soos sy sê.”

Oor sy toekomsplanne is hy ’n toe boek, maar verklap wel dat wanneer hy ’n idee kry en daarin glo, hy dit met alle erns aangryp, dus kan aanhangers van die snit uitsien na meer.

Bruce Lee is ’n snit wat elke beskikbare radiogolf, luidspreker, oorfoon en verhoog pap gaan speel want in sy eie woorde is daar net een groep wat waarskynlik nie van sy musiek gaan hou nie: ‘dooie mense’!

Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.