Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Straatligkinders ná ses jaar terug
Nuus

Straatligkinders ná ses jaar terug

Redaksiespan16 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ses jaar sedert die vrystelling van hul vorige album, is die bekende oorspronklike Potch rock-groep Straatligkinders terug met ’n nuwe album. Dié nuwe album, getiteld Verdwyn, sal op 16 November 2018 beskikbaar wees. Die aankondiging gaan gepaard met die vrystelling van ’n nuwe enkelsnit en musiekvideo, genaamd Wonder.

Met die doel om die beste moontlike album uit te bring, vertel hul nuutste vrystelling die storie van persoonlike groei die afgelope 6 jaar wat terselfde tyd hul passie vir musiek reflekteer. Hul was in geen haas met die skryf van die nuwe album nie en het met ’n totaal van sewe vervaardigers gewerk, wat Stefan Swart, Ewald Jansen Van Rensburg, Carlo de Villiers, Peach van Pletzen, Rudolph Willemse, Bouwer Bosch en Johann Oelofsenn insluit.

“Party dinge gebeur net natuurlik en ons wou ’n lang breuk neem van Straatligkinders om ander drome en passies te volg. Daar word gesê dat jou beste album gewoonlik jou eerste album is omdat jy jou hele lewe al daaraan skryf, maar ons is baie opgewonde om ons stories en ervaringe van die laaste ses jaar met die wêreld te deel,” vertel Bouwer Bosch.

Die eerste enkelsnit van die album, Wonder, is een van die eerste liedjies wat vir die nuwe album geskryf is en handel oor die groep se reis en terugkeer na die musiekwêreld; om te ontdek wat hul as groep wil sê, weer hul stem te vind en die boodskap wat hul wil oordra vas te stel.

Die enkelsnit bied ’n energieke en nostalgiese eerste kyk na die nuwe album wat groot kitare, harde dromme en ’n ritmiese koor ten toon stel en die groep se storie tot dusver vertel. Die video vir die enkelsnit is geskiet in Oktober deur Brendan Barnes met Bouwer Bosch aan die stuur van regie en redigering. Die ontwerp en konsep van die nuwe album is geïnspireer deur die gedagte van hoe Straatligkinders sou lyk indien hul ’n rock groep van die 1960’s was. Aansluitend by hierdie tema, is hul die gaskunstenaar groep op ’n lagwekkende talentprogram wat afspeel in die sestigerjare.

Kyk die musiekvideo hier:

 
“Verbeel jou die ou wat nooit die pos gekry het as Noot Vir Noot aanbieder nie, het wel sy eie talentprogram gekry in 1964. Dit is die konsep. ’n Baie gemiddelde talentprogram met ’n fantastiese gaskunstenaar groep.” sê Bouwer.

Aanhangers kan uitsien na vele grappies, goeie en slegte toneelspel, ’n prettige optrede deur Straatligkinders, ’n paar verskynings deur plaaslike akteurs en Glen Biderman-Pam as die ster van sy eie talentprogram.

Luister die album op Apple Music hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.