Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Prime Fest binnekort ’n werklikheid vir Prime Circle
Nuus

Prime Fest binnekort ’n werklikheid vir Prime Circle

Redaksiespan2 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Dit lyk nie asof daar enigiets is wat Prime Circle nie goed kan doen nie! Dié groep het immers nie verniet verskeie musiektoekennings; uitverkoopte plaaslike en internasionale toere; ’n lang lys suksesvolle treffers en talle top-verkoper albums op hulle kerfstok nie!   

Hulle het, oor die afgelope sewentien-jaar, waarlik die toets van tyd deurstaan as een van Suid-Afrika se grootste en mees suksesvolle rockgroepe. Nóú stel hulle ook hulle eie musiek- en leefstylfees bekend, wat op 10 November 2018 by Casalinga in Muldersdrift sal plaasvind.

Toe Prime Circle hierdie reis begin het met die vrystelling van hulle nuutste album, If You Don’t You Never Will, het die groep besluit dat dit tyd was om hulle droom om ’n fees te hê, ’n realiteit te maak. Met die hulp van vriende, het hulle dit reggekry om ’n versameling van die land se beste musikante te kry om tydens hierdie geleentheid op te tree.

Die fees, in samewerking met Jacaranda FM, sal spog met ’n wye verskeidenheid kunstenaars, waarmee die groep oor die jare graag die verhoog gedeel het. Die program sal hoë gehalte vermaak insluit, wat wissel tussen verskeie genres – van rock tot kletsrym en dansmusiek – in Engels, Zoeloe en Afrikaans. Riky Rick, Majozi, Jo Black, Mafikizolo, GoodLuck, Fokofpolisiekar, Timo ODV en Martin Bester and Band sal saam met Prime Circle musiekmaak.

“Ons is baie opgewonde om Prime Fest met ons aanhangers te deel. Hierdie fees gaan nie oor ons nie. Dit is ’n geleentheid om vir ons aanhangers en ander musiekliefhebbers die kans te gee om na kunstenaars te luister wat dit geniet om op te tree en te vermaak, en dit met ’n buitelug-ervaring te kombineer. Casalinga is die perfekte plek vir hierdie geleentheid, omdat daar reeds talle suksesvolle buitelug- en leefstylfeeste gehou is,” meen Prime Circle se hoofsanger, Ross Learmonth.

Feesgangers sal op die dag bederf word met ’n groot verskeidenheid aktiwiteite. Buiten vir ’n sterbelaaide-musiekprogram, sal daar ook verskeie kosstalletjies, ’n eksklusiewe AMG Driving Academy 4×4-bestuurervaring deur Mercedes-Benz (die feesborg), ’n speelarea vir kinders en vele meer vir die hele gesin wees om te geniet.

Die kersie op die koek, is natuurlik ook die amptelike bekendstelling van Prime Circle se eie bierhandelsmerk, Prime Lager (in samewerking met Nobleman Breweries), gedurende die fees.

Prime Circle bestaan uit Ross Learmonth (voorsanger en kitaarspeler); Marco Gomes (baskitaarspeler); Dale Schnettler (dromspeler); Neil Breytenbach (klawerbordspeler) en Dirk Bisschoff (kitaarspeler).

Kaartjies is beskikbaar, vanaf R240 per persoon, by Computicket.

OOR DIE KAARTJIES

Vooruitbespreekte kaartjies (beskikbaar tot 30 September):

Algemene toegang: R200
Kinders (tot en met 12): R100
Onderdak-area: R475 (sluit toegang in tot onderdak-area met kontantkroeg en badkamergeriewe)
BBP-toegang: R950 (sluit spesiale parkering en toegang tot die BBP-area met privaat-kontantkroeg en badkamergeriewe in)

Kaartjies (1 Oktober – 10 November):

Algemene toegang: R240
Kinders (tot en met 12): R100
Onderdak-area: R550 (sluit toegang in tot onderdak-area met kontantkroeg en badkamergeriewe)
BBP-toegang: R1 100 (sluit spesiale parkering en toegang tot die BBP-area met privaat-kontantkroeg en badkamergeriewe in)

Kaartjies is ook by die deur beskikbaar teen R280 per persoon vir algemene toegang. Kinders, jonger as drie, kan gratis inkom.

OOR PRIME FEST

Datum: Saterdag, 10 November 2018
Tyd: 11:00 (Hekke open om 10h00)
Plek: Casalinga, Rocky Ridge-straat, Muldersdrift

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.