Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Nuwe Refentse-album is vir die ‘Liefdegenerasie’
Nuus

Nuwe Refentse-album is vir die ‘Liefdegenerasie’

Redaksiespan14 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Daar kom ’n oomblik wanneer ’n talent wat deurgaans van krag tot krag gegroei het in volkleur blom. Vir Refentse het daardie oomblik aangebreek, met sy blinknuwe album, Liefdegenerasie.

Met hierdie album, wat uit twaalf snitte bestaan, delf hy dieper as ooit om ’n ryke en eiesoortige musikale skat te ontgin – iets wat, in die saamsmee van poëtiese liriek en musiek wat dit nie deur norme laat voorskryf nie, ’n ander sy van hierdie merkwaardige jong talent se karakter na vore laat tree.

Die album skakel moeiteloos tussen meer akoestiese en vol orkes oomblikke, met ’n verskeidenheid genres wat daarby ingeweef is – kontemporêre en alternatiewe elemente, rock, reggae en selfs ’n tikkie kletsrym wat die volle omvang van Refentse se vokale vernuf ten toon stel en soos ’n splinternuwe, pasgemaakte baadjie aan hom sit.

Dit word uitstekend gekomplementeer deur eersteklas instrumentale verwerkings, met klavier, kitaar, bas, trom, trekklavier, saksofoon, viool en klankeffekte wat nie huiwer om ongekarteerde gebiede te verken en nuwe klanke te skep nie, sowel as uitmuntende agtergrondsang en harmonie, wat beide help om ’n ryk, diep, trots Suid-Afrikaanse egtheid aan die album te verleen.

Diep denker snitte soos Reisiger, Deurmekaar, Doringkroon en As almal ver is word afgewissel met die opbeurende trant van die titelsnit en Ek glo in liefde, die amperse speelsheid van liedjies soos Baie gevaarlik en Beauty of Africa, en die aangrypende Zulu-weergawe van ’n ou bekende, Jantjie. Twee skitter-duette – ’n blinknuwe verwerking van Suikerbossie met Stef Bos en ’n nuutskepping, Dalk, met Elandré – pronk ook op hierdie album en sal, in pas met die ander tien snitte, nie toelaat dat jy slegs een of twee maal daarna luister nie.

Liefdegenerasie merk nog ’n groot sprong vorentoe vir een van Suid-Afrika se mees gewilde jong kunstenaars. ’n Wonderlik eiesoortige, keurig-verwerkte en inspirerende werk wat jou meevoer na die verste uiterstes van jou binneste, waar Refentse jou aanvuur om deel van die liefdegenerasie te wees – ’n móét vir enige goeie musiekversameling!

Die album is nou landswyd beskikbaar, en kan vooraf bestel word op iTunes, Apple Music, JOOX, Spotify en meer.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.