Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Samantha Leonard se eerste Afrikaanse snit bekendgestel
Nuus

Samantha Leonard se eerste Afrikaanse snit bekendgestel

Redaksiespan13 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Fathom Media

“’n Duisend Keuses is ’n baie persoonlike liedjie, wat my herinner waarom ek verlief geraak het op sing en hoe dit my inspireer en laat voel; en dat ek nie musiek gekies het nie, maar dat dit my gekies het. Dis wie ek is, dis in my bloed, en dis die enigste ding wat my motiveer om nooit op te gee wanneer dit by my drome kom nie. Dit is vir my ’n voorreg om my storie, deur middel van musiek, met die wêreld te deel,” verklap Samantha Leonard oor haar eerste enkelsnit wat pas vrygestel is.

Luister na ’n lusmaker van die liedjie hier:

Dié Afrikaanse popsnit, uit die sangeres se eie pen en hart en vervaardig deur Hugo Ludik en Vaughan Gardener van Muse Studio’s, vertel die storie van haar loopbaanreis sover en van die keuses wat sy moes maak om tot op hierdie punt te kom. Haar uitsonderlike sterk stem is die perfekte pasmaat vir die eerlike lirieke en meesleurende wysie van die liedjie, wat in jou kop bly maal lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Hierdie enkelsnit is ’n refleksie van my hart en waar ek op hierdie stadium van my lewe is. Ek deel al die struikelblokke wat ek moes oorkom en die feit dat ek moes sterk staan, ten spyte van alles. Dit was vir my belangrik dat die fondasie van my album van die begin af eerlik is oor wie ek, as kunstenaar en persoon, is en die waardes waarin ek glo,” verklap die donkerkop-ster.

“Daar is duisende keuses voor ons neergelê in die lewe en dit is ons verantwoordlikheid om die regte besluite te maak wat ons toekoms gaan bepaal. Partykeer maak ons die verkeerdes en kry baie seer daardeur, maar dis hoe ons weer opstaan wat saak maak en wat ons uit daardie foute leer.”

Oor die musiekvideo, wat beplan word, wil sy nie veel meer sê as dat dit gaan oor die gevegte wat sy moes baklei in haar loopbaan en lewe nie. “Die konsep is geïnspireer deur die woorde van die liedjie en neem jou op ’n reis van emosies; wat wissel van opgee en moedeloosheid tot terugveg en sukses,” verduidelik sy.

’n Duisend Keuses is ook die titelsnit van haar debuut-album wat binnekort op die rak sal wees. Dit is iets waarna aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Karen Zoid haar stoel gedraai het gedurende die blindeoudisies van die tweede seisoen van die realiteitsprogram, The Voice SA II, waarin Samantha derde geëindig het. Die album bied ’n treffende kombinasie van lekkerluister dansmusiek en diep hartsballades, in die kunstenaar se veelsydige styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Die meisie, van Kimberley, sing al vandat sy drie jaar oud is en het nog altyd geweet dat sy graag eendag ’n sangeres wil word. Sy glo dat haar liefde vir musiek in haar ouerhuis gekweek is, waar daar altyd ’n liedjie in die agtergrond gespeel het. Op hoërskool, het sy elke jaar die hoofrol gespeel in verskeie verhoogproduksies, soos Fame, Back-to-the-80’s, Gospell, Alice in Wonderland en Cabaret Girls. Sy het van jongs af haar eie liedjies begin skryf en op die ouderdom van sestien ’n album, met die naam Breakthrough, vrygestel. Na matriek het sy Kaap toe getrek en voltyds musiek studeer by COPA (Campus of the Performing Arts), waar sy haar NQF2-sertifikaat voltooi het in Klavier asook haar NQF3-sertifikaat in Stemprestasie.

Gedurende die vyftien jaar wat sy al in die musiekbedryf doenig is, het sy aan verskeie kompetisies deelgeneem, waaronder Spontaan 2009 en die Up-Stage Sangkompetisie wat sy albei gewen het. Laasgenoemde het vir haar deure oopgemaak om deel te neem aan verskeie Barnyard-produksies soos Rocking All Over The World, Final Countdown en Special Stars. Die sangeres het ook in 2012 die geleentheid gekry om by die Abu Dhabi-teater te sing.

Haar deelname aan The Voice SA 2017 word egter as die grootste hoogtepunt van haar loopbaan uitgesonder. Haar weergawe van Jessie J, Nicki Minaj en Ariana Grande se treffer, Bang Bang, het al vier die afrigters se stoele laat draai en so het ’n nuwe fase van haar loopbaan afgeskop. In 2017 en 2018 het sy saam Thembeka Mnguni van die realiteitsprogram se eerste seisoen teateroptredes gedoen onder die naam, The Divas.

“Die vertoning het bestaan uit ’n kombinasie kragtige liedjies van Mariah Carey, Whitney Houston, Brenda Fassie, Mango Groove, Édith Piaf en meer wat altwee ons stemme gekomplementeer het en ons vermoëns behoorlik ten toon gestel het. Dit was vir my ’n lekker uitdaging en het my op my tone gehou om elke aand my beste te gee,” verklap sy.

Corlea Botha, met haar mooi stem en betekenisvolle lirieke, is vir Samantha ’n groot inspirasie en is iemand saam met wie sy graag in die toekoms sou wou werk en beter leerken. As sy enige ander beroep moes kies, sou sy beslis ’n aktrise wou wees, omdat sy dit vreeslik geniet om verskillende karakters te speel. “Dit is vir my ’n uitdaging om myself in ’n ander persoon se skoene te sit en die wêreld deur hulle oë te sien en voel. Dit leer my baiekeer om dinge meer te waardeer,” sê sy.

Dié sangsensasie se hoofdoelwitte in die lewe is om musiek te maak en om mense te motiveer. Sy glo dat ’n mens nie op ander moet staatmaak om jou drome waar te maak nie, omdat net jy dit vir jouself kan doen. Buiten vir optredes regoor die land, is sy ook reeds besig om aan materiaal te werk vir haar tweede album.

Samantha Leonard se eerste enkelsnit, ’n Duisend Keuses getuig nie net van haar talent as musikant en liedjieskrywer nie, maar ook van die blink toekoms wat vir haar voorlê in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.