Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Vyftig goue jare vol hoogtepunte vir Klipwerf Orkes!
Nuus

Vyftig goue jare vol hoogtepunte vir Klipwerf Orkes!

Redaksiespan30 Augustus 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die Klipwerf Orkes is terug met ’n splinternuwe album, 50 Jaar se Hoogtepunte, en dié album, wat pas vrygestel is, het reeds goue status bereik. Met hierdie album vier hulle die ongelooflike mylpaal van vyftig jaar in die Afrikaanse musiekbedryf deur hul grootste treffers op een album vas te vang.

Na 20 jaar het die Klipwerf Orkes hulle eerste album vrygestel en daarna aanhangers jaarliks met ’n nuwe album bederf. Met albumverkope van meer as 1,4 miljoen, is dié orkes een van die mees suksesvolle orkeste in Suid-Afrika. Uit 29 albums het sewe albums platinumstatus bereik en 22 albums goue status. Onder die hoogtepunte van hul loopbaan is verskeie SAMA-benoemings en die erkenning wat hulle deur die ATKV, vir die bevordering van Afrikaanse musiek, ontvang het.

Gedurende hul 40ste bestaansjaar het hulle ook ’n toekenning van die Hantam Vleisfees ontvang vir gewaardeerde bydrae tot die sukses van die fees.

Vir die Klipwerf Orkes was elke album ’n vreugde om aan te werk en elke album wat hulle uitgereik het, was ’n treffer wat verkope betref.

“Die heel eerste album wat ons uitgereik het, Kom kuier in die Hantam, sal ons altyd onthou. Dit was ’n ongelooflike ondervinding,” vertel Kobus.

Dié veelsydige orkes het ontstaan toe pa Hentie en sy twee seuns, Johann en Kobus, in 1969 by die huis begin musiekmaak het. Nadat die publiek van hulle gehoor het, was daar talle navrae vir die orkes om op te tree. Optredes het begin instroom, en die eerste optrede wat hul ook na aan die hart lê was op ’n plaas, Klipwerf. Hulle het daar en dan besluit die naam van hul orkes is Klipwerf en dit was die begin van groot sukses vir dié groep musikante.

Met die afsterwe van Hentie en Johann het daar ’n hervorming van die groep plaasgevind, om die perfekte kombinasie aan gehore te bied en dit is die Klipwerf Orkes wat jy vandag hoor.

Vir hulle album, 50 Jaar se Hoogtepunte, was die idee om ’n album saam te stel vir enige geleentheid en bevat die beste Klipwerf-treffers oor die jare, om te verseker dat daar iets vir almal is.

Kry vandag 50 Jaar se Hoogtepunte by alle goeie musiekwinkels. Diegene wat hul musiek aanlyn luister, kan na Klipwerf Orkes gaan luister op Apple Music en JOOX Musiek.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.