Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»BOON laat Weiveld ontplof met nuwe temalied
Nuus

BOON laat Weiveld ontplof met nuwe temalied

Redaksiespan16 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Is dit Pitbull? Dalk Jack Parow? Nee wag, dit lyk mos soos Queen… of is dit nou Snotkop? Of Vanilla Ice?

Neewat, hou maar op raai, want die musiekkroonprins van Moepelfontein is hier en het oor die naweek Pretoria se grootste kuierplek – Weiveld – op horings geneem met sy splinternuwe beat uit die BOON-ste rakke!

Dié hoogsvermaaklike kunstenaar het op 13 Julie 2018 sy eerste amptelike buiging op die Gautengse musiekverhoog gemaak tydens die bekendstelling van Weiveld se amptelike nuwe temalied, Weiveld Click, wat die gehoor en media ewe gaande gehad het en dit het beslis oor meer as net sy interessante uitrusting – ’n lieflike bontspul wat afgerond is met ’n kroon en superheldmantel – gegaan!

Hierdie enkelsnit, wat onmiddellik die aandag trek met spitsvondige tong-in-die-kies-lirieke en ’n polsende lekkerluisterwysie, is net na die sanger, Jay, se konsert vir die eerste keer met die publiek gedeel.

Die liedjie het, soos ’n waffers Amerikaanse kletsrymgedoente, afgeskop op die rooitapyt – met ’n goue konfetti-ontploffing, flitsende kameras, lyfwagte en dansers wat hulle lywe op die lekker ritme kom rondswaai het.

“Weiveld is die bekendste dansplek in Gauteng, en heelwaarskynlik in Suid-Afrika. Al die top-kunstenaars tree weekliks daar op. Die 4 000-plus mense wat elke naweek die optredes bywoon het ’n kliek begin vorm, wat my geïnspireer het om ’n liedjie te maak daarvan. Dit bevat tipiese Afrikaanse humor wat gemeng is met internasionale klanke,” vertel BOON, wat sy musiek beskryf as ‘Trap’ (’n mengsel van Transmusiek en Kletsrym).

“Ek leef myself uit deur woorde en beweging en dis my doel om met hierdie liedjie mense te laat lag en hulle op die dansvloer te kry. Hierdie wêreld het ’n het tekort aan nuwe Afrikaanse musiek wat uniek klink,” voeg hy by.

Die musiekvideo, wat tydens hierdie onvergeetlike optrede verfilm is, gaan ook binnekort op sosialemedia beskikbaar wees en die treffer sal as die amptelike temalied op die volgende Weiveld-album verskyn.

BOON, ’n baanbrekermusikant van die een-en-twintigste eeu, is deur internasionale musiekbase ontdek in 2006, tydens een van sy optredes by Caesar’s Palace en is kort daarna genomineer as een van die 100 Beste Vermaaklikheidsterre ter Wêreld.

Hy is een van Suid-Afrika se vrolikste en gelukkigste kunstenaars en sy musiek is ’n bodemlose put van lekkerluister pret. Aanhangers is dit ook eens dat hulle mal is daaroor om saam te sing en dans wanneer BOON op die verhoog is.

As die eerste Afrikaanse Trap-kunstenaar wat opslae maak, en terreg beskryf word as die “beste kletsrymer en vinnigste sanger op aarde”, het hierdie reuse Hip-Hop-, Trans-, Kletsrym- en komediekunstenaar voorwaar ’n ongewone suksesverhaal.

Sy unieke benadering tot musiek, het heel moontlik die meeste bygedra tot sy loopbaanhoogtepunte en daar is min mense wat kan glo dat ’n sanger en liedjieskrywer van Moepelfontein dit sou kon regkry om wêreldgehore te vermaak wat nie eers Afrikaans verstaan nie.

Met sy charisma, humor, slim lirieke en energieke vertonings, het hy dit reggekry om van die ondergrondse komedieklubs in Asië weg te breek en sy eie reeks treffende Trap-liedjies saam te stel, wat hierdie somer in sy tuisland vrygestel word!

Die mal sin vir humor en talent wat BOON aan die oorsese arena bekendgestel het, het ook van hom ’n gesogte karakter gemaak in Skandinawië en Japan.

Die internasionale musiekbedryf, het BOON se veelsydige stem en unieke Trap-dansritme en lirieke wat geskep is om die lewe rondom die kampvuur en op die dansbaan te vier, met groot sukses aan gehore ten toongestel.

BOON, wat deesdae ’n one bedroom deel met sy straatbrak, Bakkies Botha, is letterlik met musiek in sy ore gebore, op die agterste sitplek van sy pa se Chevy by die inry, met Grease op die silwerdoek. Die ou maak al sy hele lewe lank musiek en is heel in sy noppies oor hierdie geleentheid wat in sy skoot kom val het, wat uiteindelik vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gaan uitkerf.

Hy hou baie van Beethoven (nie die hond nie, maar hy het al die flieks gesien) en Mozart, maar dit is mense en situasies wat hom na sy pen laat gryp om lirieke neer te griffel en ’n deuntjies op te tower. Sy tannie Duifie was ’n musiekjuffrou en het hom geleer om enige instrument, waarop hy sy hande kan lê, soos ’n pro te speel.

In graad sewe was hy die kaptein van die pluimbalspan, totdat hy geskors is omdat hy al die halftydlemoene weggedra het. Sy lewe was nooit weer dieselfde daarna nie en hy moes toe maar tevrede wees met ringtennis en om uit te help as ysskraper by die ysskaatsbaan.

Hy hou ook steeds die rekord vir die meeste visvangers (131) geëet in twintig minute en het in graad elf die pink slip gewen vir ’n geel Datsun-bakkie in ’n briekdans-dance-off. Verder is hy ook ’n uitblinker in Dominoes en Snap!

As hy nie ’n musikant was nie, sou hy beslis in die modebedryf wou werk en meen dat sy besonderse oog vir klere en kleurkombinasies en sy unieke smaak beslis ’n aanwins sou wees vir enige klerekas. In sy vrye tyd hou hy ook van bak en sy brownies (’n geheime familieresep) is steeds ’n topverkoper by sy tuisdorp se tuisnywerheid.

Op die oomblik is hy doenig met sy album, wat in September 2018 op die winkelrakke en aanlynplatforms te koop sal wees. Sy tweede groot konsert, waartydens hy sy nuwe materiaal eksklusief gaan deel, sal op 29 September 2018 by Weiveld plaasvind.

“Ek hou van rap, ek hou van sing, hou dop – hier kom ’n ding!” is van die lekker liriek uit Weiveld Click en beslis ware woorde, want BOON is beslis hier om te bly. Weiveld Click vat cool na die volgende vlak, dit TRAP jou ore plat! Pretoria het pas ’n musiekontploffing beleef… en omdraai kans is daar nie, want hy is uit sy tuisdorp verban!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.