Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Almero reik kragtige ballade uit!
Nuus

Almero reik kragtige ballade uit!

Redaksiespan26 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Hy is skaars twintig jaar oud en spog reeds met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte, wat almal baie goed ontvang is. Met die vrystelling van sy nuutste treffer, Monochromie, gaan Almero nie net ’n opskudding veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir homself ’n permanente plek lossing in die harte van musiekliefhebbers.

“Monochromie is wat ek noem ’n kragballade. Dit gaan oor ’n gevoel wat ek glo ons almal ervaar: die soeke na iemand wat ons tuis kan noem. Iemand wat ons nuwe dinge kan leer en laat voel en sien. Dit maak die vergelyking dat hierdie persoon, indien daar so iemand is, jou wêreld sal verkleur in kleure wat jy nie geweet het bestaan nie. Tog is daar ’n smekende aspek in die liedjie, ’n pleit dat hierdie persoon moet bly,” verduidelik hy oor hierdie treffende liedjie wat saam met Ruan Graaf geskryf en deur Nico Welgemoed vervaardig is.

Luister hier na ’n voorskou:

“Ek is iemand wat baie waarde heg aan my huis, of woning. Sedert ons uit ons ouerhuis getrek het in 2015, is ek geneig om die mense om my te sien as my ‘huis’. Die liedjie vang iets vas waaraan ek gereeld dink, en die musiekaspek van die liedjie is vir my iets besonders. Die donkerte en gewig van die woorde word beklemtoon, maar daar is steeds dele van hoop. Ek dink ons almal is opsoek na ’n huis en ek hoop hierdie liedjie kan ’n ‘huis’ word vir mense om in te rus.”

Die aanslag van dié kragtige alternatiewe ballade is poëties en hartroerend en die ritme en melodie vars en meesleurend. Dit is die perfekte pasmaat vir Almero se unieke stem en storievertellerstyl, wat beslis sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme. ’n Musiekvideo en album word ook vir later vanjaar beplan.

Hierdie talentvolle Bloemfonteiner het in ’n huis vol musiek grootgeword. Hy en sy boetie, Nico Welgemoed, het gereeld met die klank van Don Williams in hulle ore aan die slaap geraak en hy meen dat daar nooit twyfel bestaan het dat hulle musiek sou maak nie. Die plan was net nie noodwendig om dit voltyds te doen nie.

Vanjaar is sy tweede in die musiekbedryf en sedertdien was daar al baie hoogtepunte, waaronder ’n duet saam met Bouwer Bosch, Nul Is Nie Niks Nie, wat gebruik is as temalied van die jeugfliek met dieselfde naam. Hy het ook die voorreg gehad om die verhoog met Bouwer te deel by die OppiKoppi-musiekfees in 2017 en het reeds twee vorige enkelsnitte uitgereik, waaroor sy aanhangers mal was.

“Om stories te kan hoor van mense is altyd die hoogtepunt. Musiek het my ’n baie groter platform gegee om mense te ontmoet en hulle stories te hoor. Dit is ’n ondenkbare voorreg. Ek skryf en maak musiek om die wêreld en moeilike dinge te kan verstaan. Ek voel daar is ook baie stories wat vertel moet word deur middel van kuns soos musiek en poësie,” deel die musikant.

Sing is egter nie Almero se enigste talent nie. Buiten vir die feit dat hy ’n diep denker en slimkop is, wat nog altyd ’n sjirurg wou word, is hy ook ’n uitsonderlike skrywer en digter. Hy is tans besig om sy boek, Donderweer Gedagtes, te bemark en het in 2017 saam met Bouwer Bosch die digbundel, Liefde Wen, vrygestel.

“Die bundel handel oor die liefde en al die verskillende vorme daarvan. Mense en hulle verhoudings met mekaar inspireer my. Dit het begin as ’n digkompetisie. Ons het oor die 400 inskrywings ontvang en het ons gunstelinge gekies om deel uit te maak van die bundel,” sê hy.

Volgens die kunstenaar, geniet hy die meeste tipe musiek as dit ’n boodskap oordra, maar hou veral van die ‘slaapkamersangers’ wat te bang of kwesbaar is om hulle werk te deel. Musikante soos Damien Rice, Matt Corby en Bon Iver het ’n groot invloed gehad op sy eie styl en hy sal graag nog eendag saam met Riaan Cruywagen ’n gedig wil skryf en saam met Danie du Toit ’n lied wil opneem of optree.

Oor sy musiek, sê Almero: “Dis vol (soms te veel) beelde en metafore en my stem is ’n instrument waarvan ek die handleiding verloor het.” Hy wil graag grense in die Afrikaanse musiekberyf verskuif deur diepsinnige lirieke met moderne en interessante klanke te kombineer. Monochromie versinnebeeld nie net hierdie doelwit nie, maar is ook ’n goeie aanduiding van wat luisteraars in die toekoms van hom kan verwag.

Die liedjie is ook op Spotify beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.