Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Eerlikheid kraai koning in Rona van Blerk se eerste enkelsnit!
Nuus

Eerlikheid kraai koning in Rona van Blerk se eerste enkelsnit!

Redaksiespan19 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Rona van Blerk, ’n passievolle donkerkop met ’n sielvolle stem, is vinnig besig om vir haarself naam te maak in die musiekbedryf. Haar eerste enkelsnit, Veilig, word hierdie week uitgereik en gaan beslis verskeie musiekharte, regoor die land, verower.

Luister na ’n lusmaker hier

Veilig is ’n Afrikaans-akoestiese liedjie met ’n unieke pop-aanslag uit haar eie pen en gaan daaroor dat elke mens graag veilig wil voel, ten spyte van terugslae in die lewe. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, strelende stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

“Persoonlike ondervinding het my geleer dat jy selde so veilig is as wat jy dink. Ons het in vandag se tyd dit juis so broodnodig dat mense weer eerlik en opreg moet wees en ek wou hê dat die liedjie luisteraars se harte moes vasgryp, sonder om te swaar oor te kom. Die lirieke is diepsinnig en is gebore uit my eie lewenservaringe. Dit is bevrydend om te kan sing oor dít wat mens onveilig laat voel, want die gevolg daarvan is geborgendheid, veral wanneer jy besef dat ander ook met hierdie gedagtes kan identifiseer,” vertel die sangeres.

“Die diepste behoefte van elke mens is emosionele veiligheid… ook dít is ons nie altyd beskore nie, selfs nie binne ’n liefdesverhouding nie. Gelukkig kan ons uitsien na ’n ‘eendag’ waarin ons veilig sal wees, sonder om daardeur die hede te wil ontvlug.”

’n Musiekvideo, wat deur Lourens Luyt aanmekaargesit is, van die enkelsnit is onlangs in die bosbouplantasies rondom Piet Retief verfilm en sluit ook beeldmateriaal uit haar kinderdae in. “Ek het in Piet Retief grootgeword en ons gesin het baie pret gehad in die plantasies. Tussen die baie bome het ek ook altyd veilig gevoel. My pa het baie moeite gedoen om gesinsvideos van my en my sussies te maak en dit was net logies om van daardie beeldmateriaal te gebruik,” verklap sy.

Kyk die video hier:

Rona het in ’n musikale huis grootgeword en was van kleins af versot op musiek. Haar ouers was albei in die Vrystaatse Universiteitskoor en haar pa is ook ’n Gospelsanger en dominee. Die sanggogga het haar juis finaal gebyt toe sy een Sondag, na ’n erediens, vorentoe geroep is deur Jenny van Zyl om vir die gemeente te sing. Op skool het sy gereeld aan kompetisies en konserte deelgeneem, maar het eers op Universiteit haar musiekskoene behoorlik begin volstaan as deel van haar koshuis, Huis Soetdoring, se Sêrgroep – onder leiding van haar mentor Altus Moolman – wat baie goed presteer het.

Oor die afgelope paar jaar het sy al verskeie optredes gedoen, waaronder die Grey College Musiekfees saam met Elvis Blue toe sy vir ’n vertoning vir Andriëtte Norman moes instaan. Die sangeres spog met ’n graad in Drama- en Toneelkunde, asook ’n Nasionale Onderwysdiploma, en sal beslis eendag ’n televisierol of twee wil losslaan. Rona geniet ’n wye verskeidenheid musiek, maar sonder Karen Zoid en Laurika Rauch uit as haar grootste inspirasie. Sy sal ook eendag graag die verhoog wil deel met kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jo Black, Riana Nel, Spoegwolf en Joshua na die Reën.

As jy haar uitvra oor die toekoms, antwoord sy: “Ek is reeds besig om te beplan aan my volgende liedjies, maar wil telkens eers wag vir die muse. Elke liedjie moet gebore word… ek is versigtig vir kommersiële oorhaastigheid.” Intussen hou sy die pot aan die kook as deeltydse onderwyseres in haar tuisdorp.

Die musiekbedryf het vir Rona geleer dat dit belangrik is om jou eie klank en styl te vind. Veilig is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n meesleurende deuntjie, wat haar stem nie net op sy beste laat vertoon nie, maar luisteraars ook uitnooi om saam te sing. Net soos die karakter in die fliek, August Rush, glo sy in die krag van musiek soos wat ander mense in feëverhale glo en haar eerste enkelsnit het beslis genoeg betowering om vir haarself ’n eie suksesvolle sprokie te bou in die toekoms.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.