Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Kuier saam met voorste kunstenaars in Afrikaans op Hartenbos
Nuus

Kuier saam met voorste kunstenaars in Afrikaans op Hartenbos

Redaksiespan29 November 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die eerste In Afrikaans-konsertreeks op Hartenbos in die somervakansie maak dié gewilde vakansie-oord net die plek om te wees oor die feesseisoen. Meer as twintig van ons voorste kunstenaars soos Robbie Wessels, Jay en Lianie May, Leah, Jo Black en Theuns Jordaan gaan optree. En almal word genooi om saam te kom kuier!

Dié konsertreeks – op 20 24, 26, 27 en 30 Desember en 4 Januarie in die nuwe jaar, gaan iets bied vir elke smaak. Of jy nou wil sokkie en dans of eerder akoestiese klanke verkies, met ’n noukeurig saamgestelde program is daar iets vir ’n ieder en elk.

“Ons glo musiek is kos vir die siel en met die betrokke kunstenaars se gesamentlike dinamika op die verhoog, gaan daar meer as een magiese oomblik wees om gehore vas te gryp in die oomblik,” het Jacomien de Villiers, besturende direkteur van Inhoud Huis Musiek en In Afrikaans, gesê. “Elke vertoning is spesiaal vervaardig om aanhangers se siel te voed.”

Op Sondag 24 Desember kan jy Oukersaand by kerslig – onder die sterre – saam met Robbie Wessels, Jo Black, Leah en Douvoordag vier. Kersliedere en ’n orkes sal jou na ’n gewyde stemming vir Kersfees verplaas. Alle skenkings wat tydens dié aand ingesamel word, is ten bate van Hartenbos Bejaardesorg.

’n Buitelug-fliekpiekniek met dieselfde atmosfeer as die eertydse inry sal jou ’n stukkie nostalgie laat beleef! Susters, die nuwe Afrikaanse fliek, wys vir die eerste keer by die In Afrikaans konsertreeks aangesien dit eers in Maart 2018 in rolprentteaters landwyd vrygestel word. Leah, Diaan Lawrenson en Quanita Adams vertolk die rolle van drie aangenome susters wat weer herenig word na hul ma se afsterwe. Die temalied, “Nooit Alleen,” deur Jo Black en Leah sal ook op dié aand deur hulle gesing word. Bespreek nou jou kaartjie vir ’n heerlike springmielie-aand op 26 Desember.

Op 27 Desember word Mnr. en Mej. Hartenbos gekroon en vanjaar se Mej. Hartenbos sal ook outomaties deel van die Top 40 in die Sarie Voorbladgesig-kompetisie wees. Karlien van Jaarsveld, Brendan Peyper, Leah, Jan Bloukaas en Georic Lomas is deel van die aand se verrigtinge.

Op 30 Desember kan jy solank begin regmaak vir die nuwe jaar en in beter geselskap as saam met Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Bok van Blerk, Jo Black, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue en Fatman – om maar net ’n paar name te noem – kan jy nie wees nie.

Die konsertreeks vind plaas op 20, 24, 26, 27 en 30 Desember, asook op 4 Januarie 2018 by ATKV-Hartenbos se amfiteater. As jy dus in die omgewing is, koop nou al jou kaartjies by www.itickets.co.za. Bring jou kampstoel en kombers en kom kuier lekker saam met jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars. Daar sal ook kosstalletjies en ’n kroegtent wees, asook CD’s en ander goedere wat verkoop sal word.

Wees ook op die uitkyk vir die JOOX-promotors. Jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars is nou letterlik aan die punte van jou vingers met die JOOX-musiekstroom app. Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister. Die span van JOOX sal jou help om die app af te laai en jou verduidelik hoe om dit te gebruik. Jy sal ook ’n maand se gratis BBP-status ontvang – met die komplimente van die In Afrikaans konsertreeks.

Die program is as volg:

Woensdag 20 Desember om 19:30: Dans In Afrikaans – Kurt Darren, Juan Boucher, Jay en Lianie May, Ricus Nel. Plus ’n reuse-dansvloer waar daar lekker gesokkie kan word!

Sondag 24 Desember om 19:30: Kersfees In Afrikaans – Robbie Wessels, Jo Black, Douvoordag, Leah.

Dinsdag 26 Desember om 20:00: Fliek In Afrikaans – Susters met Leah, Diaan Lawrenson, Quanita Adams, Sean Marco Vorster.

Woensdag 27 Desember om 19:30: Mnr. & Mej. Hartenbos – Jan Bloukaas, Leah, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld, Georic Lomas.

Saterdag 30 Desember om 19:30: Hartenbos In Afrikaans – Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman.

Donderdag 4 Januarie 2018 om 19:30: Akoesties In Afrikaans – Theuns Jordaan, Riana Nel, Elvis Blue, Jo Black.

Kaartjies beskikbaar by www.itickets.co.za of 086 1000 291.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.