Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»JOOX gaan Afrikaanse musiekstroom-mark behoorlik omkeer
Nuus

JOOX gaan Afrikaanse musiekstroom-mark behoorlik omkeer

Redaksiespan17 Oktober 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Tencent Africa se splinternuwe musiekstroom-app, JOOX, wat Suid-Afrikaners in staat stel om musiek gerieflik te ontdek en te luister waar hulle ookal is, is nou propvol Afrikaanse treffers.

En baie van dié Afrikaanse musiek is eksklusief op die app.

JOOX is gepak met verskeie treffers en honderde speellyste vir elke bui. Die app bied ’n gratis sowel as ’n betaalde VIP-opsie, wat gebruikers in staat stel om musiek te stroom sonder om jou data te gebruik. Nóg ’n voordeel is drie verskillende stroom-kwaliteit-opsies wat gebruikers toelaat om hul data te beheer.

Brett Loubser, uitvoerende hoof van Tencent Africa Services, het gesê JOOX het reeds in die vier markte waar dit vrygestel is, die ander musiekstroomdienste uitgestof. “Die kombinasie van ons opkomende markte-musiekmodel en die ervaring van ons plaaslike span, maak JOOX ’n eerste vir Suid-Afrika.”

Benewens al die plaaslike Suid-Afrikaanse musiek wat reeds op die app is, het Coleske Artists, die vervaardigers van Afrikaanse is Groot, ook hulle musiek eksklusief vir musiekstroming op JOOX gelaai.

Volgens Arnold Coleske, hoof van Coleske Artists, bied JOOX ’n unieke platform om seker te maak kunstenaars se musiek is digitaal beskikbaar vir hulle gehore. “Die tegnologie en sake-moontlikhede wat Tencent na die tafel bring maak dit moontlik om voort te bou op die gehalte wat ons aan ons gehore bied. Ons kon nie anders as om daarby betrokke te raak nie.”

“JOOX is werklik goeie nuus. Ek is opgewonde dat my musiek saam met vele ander kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Jay, Riana Nel. Laurika Rauch en Steve Hofmeyr op JOOX beskikbaar is. Die lekker ding van die app is dat dit maklik is om te gebruik,” het die bekende sanger en TV-aanbieder Bobby van Jaarsveld gesê.

Ook Brendan Peyper, een van dié sosiale media bekendes in die Afrikaanse musiekbedryf, kan nie uitgepraat raak oor JOOX nie. “My gehore is konstant op hul selfone en dit is hul primêre kommunikasie-medium. Ek is opgewonde dat hulle nou ook al my musiek op JOOX kan luister en ontdek. Ons kan nie stilstaan met tegnologie nie,” het hy gesê.

Die sangeres Monique Steyn, wie se nuwe album Mosaïek reeds op JOOX beskikbaar is, sê die belangrikste vir haar is dat die app so gebruikersvriendelik is. “My vriende kan nie glo hoe maklik dit is om die musiek te luister en watter spesiale funksies daar op die app is nie. Dis veral handig om jou speelyste op jou foon te stoor sodat jy nie data hoef te gebruik as jy byvoorbeeld ry nie,” het sy gesê.

Volgens Loubser het JOOX kontrakte met verskeie internasionale platemaatskappye wat ’n wye verskeidenheid internasionale musiek en treffers op die platform verseker. Plaaslike inhoud maak die spektrum van inhoud wyer en bou ’n sinvolle sakemodel vir Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Gebruikers wat JOOX aflaai kry hul eerste maand gratis VIP-toegang sowel as die Feemium-opsie. Die betaalde VIP-funksie sal daarna R59.99 per maand kos en twee weke se VIP-toegang sal jou R29.99 kos.

JOOX kan nóú gratis afgelaai word in die Google Playstore en in die IOS-App store. Vind meer uit oor JOOX hier.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.