Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Steve Hofmeyr se nuwe album binnekort op die rak
Nuus

Steve Hofmeyr se nuwe album binnekort op die rak

Redaksiespan7 September 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hooffoto: Clinton Lubbe

Steve Hofmeyr het baie om te vier. Sy 30ste album is pas opgeneem, hy het sy 11de boek vrygestel en op 53 weer pa geword. Dit is juis vir hierdie redes dat Feeslied ’n baie gepaste eerste enkelsnit vir sy nuwe album, SKREE, is.

Sy dubbel-platinumalbum, Country, was in 2016 een van die topverkopers in Suid-Afrika. Nou kan sy ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album, vir sy SKREE-toer in 2018.

“Ek word pal geïnspireer deur mense, idees en seëninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gesê voordat hy sy internasionale toer na Australië en Nieu-Seeland afgeskop het. Hy bring al jare reeds ’n voorsmakie van Suid-Afrika na duisende bewonderaars regoor die wêreld.

Hy het teruggekeer huis toe vir die publiseer van sy 11de boek en sesde roman, Die Onaantasbares (The Untouchables), ’n misdaadroman.

“Daarna begin die toer. Ledigheid en ek is onversoenbaar, sê die 53-jarige, wat onlangs weer pa geword het. Sy dogter, Romy-lee, is op 19 Junie 2017 gebore.” Hy lag: “As jy gedink het ek is klaar, skaam jou …”

Hierdie Pretoria-gebore, ongeneesbare Blou Bul en dwarstrekkerige aktivis, vermaak Suid-Afrika al drie dekades lank. Tog ken sy kreatiwiteit geen grense nie. Hy het begin as ’n jong rocker en dramastudent, eers op die verhoog en toe in hoofrolle in rolprente, blyspele en op die televisie in onder meer Agter Elke Man, Kampus, Geen Held, Dis Hoe Dit Is, Platteland, Pretville en Treurgrond.

’n Voltydse loopbaan het gevolg, wat uitgeloop het op een van Suid-Afrika se besigste en mees hardwerkende kunstenaars, met ‘n gewilde en kragtige kulturele teenwoordigheid in Suid-Afrika.

Hy het onder meer 200 liedjies, wat opgeneem is, geskryf en vermaak Suid-Afrikaners weekliks in uitverkoopte konserte met sy onvergeetlike treffers en growwe stem, sin vir humor, nostalgiese huldeblyke, pittige sêgoed en sterk sosiale kommentaar, wat geen mens of steen onaangeraak laat nie.

Volgens hom, is sy resep om nooit jou gehoor te onderskat nie en nooit op te hou leer nie. Hy is vinnig bereikbaar op sosiale media, met ’n groot aantal volgers op Facebook (416k), Twitter (245k) en Instagram (27k). “Soms moet jy ‘n bietjie skree.”

SKREE word einde Oktober uitgereik en sal in alle goeie musiekwinkels landwyd asook digitaal op iTunes en JOOX beskikbaar wees.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.