Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Bakgat Country Opskop is om die draai
Nuus

Bakgat Country Opskop is om die draai

Redaksiespan7 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Gryp jou cowboy-hoed en maak reg vir die grootste country-makietie van die jaar.

Vanjaar se Bakgat Country Opskop sal op Sondag, 4 Junie in die GrandWest Grand Arena plaasvind. Soos oudergewoonte, sal van die land se gunstelling country-sangers te sien wees.

Die legendes Tommy Dell, Lance James, Matt Hurter en Dennis East sal almal optree. Dan is daar ook Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Ricus Nel, Manie Jackson, Leah, Pieter Mohr en Die Broers asook die nuweling Elandre Schwartz wat tans sy debuut-album opneem, nadat hy op Bok Radio ’n naam vir homself gemaak het.

Lance James
Steve Hofmeyr
Elizma Theron
Leah
Die Broers
Elandre Schwartz

Met treffers soos Teddy Bear en Little Rosa is Tommy Dell een van Suid-Afrika se mees bekende country-sangers. Hy sing en maak grappies al vir meer as 60-jaar en is beskou as een van die land se lewende legendes, net soos Lance James. Die sanger en omproeper het al talle toekennings gewen vir sy bydrae tot Suid-Afrika se musiek industrie.

Nog ’n legende wat te sien sal wees is Matt Hurter. Behalwe vir sy eie treffers soos Ride Safe is Matt betrokke by die loopbane van jonger sterre. Hy het al vir Ray Dylan and JJ Strydom gehelp en is tans die president van die Suid-Afrikaanse Country-musiek Vereniging.

JJ Stephens

Musiekliefhebbers sal Dennis East se naam herken as die man agter die Dammit I Love You treffer. Wanneer hy nie oor die land toer nie, is Dennis in sy Blue View Music ateljee besig, waar hy albums vir onder ander Manie Jackson vervaardig. Ses van die twee se albums het al platinum-status behaal.

Die Afrikaans pop-sanger Steve Hofmeyr het sy country-album If You Could Read My Mind twee jaar terug uitgereik en die album is nogsteeds gewild onder sy aanhangers.

Kaartjies is nóú beskikbaar by Computicket.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.