Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ghoema wenner stel nuwe solo-album bekend!
Nuus

Ghoema wenner stel nuwe solo-album bekend!

Redaksiespan3 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hooffoto: Jay Loots – Fathom Media

Elkeen van ons smag die een of ander tyd na ’n nuwe begin ’n tweede kans om ons drome waar te maak. Stella se debuut solo-album, Nuwe Môre, verteenwoordig nie net die nuwe rigting waarin haar musiekloopbaan gaan nie, maar is ook iets waarby luisteraars sal aanklank vind. Die CD bestaan uit twaalf hoendervleismooi oorpronklike kontemporêre snitte, wat haar gevoelvolle stem komplementeer en selfs die kritieste oor in vervoering sal hê.

Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep, Duis:Lig, wat pas ’n Ghoema-toekenning vir Beste Gospel Album vir die tweede jaar in ‘n ry gewen het!

Stella 2017 Final small

Haar eerste enkelsnit en musiekvideo, Nuwe Môre, is in April 2016 bekendgestel. Beide is ongelooflik goed ontvang deur radiostasies.  Die tweede enkelsnit, Deur Die Liefde En Die Seer, is geudrede Maart 2017 uitgereik en bou voort op die sukses wat sy reeds bereik het.

Sy is vreeslik opgewonde oor die vollengte album, wat op 28 April 2017, bekendgestel word en beskryf dit as modern en kontemporêr met ’n bietjie Pop- en Folk-elemente. Hulle werk al sedert 2013 aan die inhoud en sy vertel: “Ek wou liedjies insluit wat reflekteer wie ek is as kunstenaar en mens. Dit is ’n nuwe rigting vir my loopbaan en daarom is die titel gepas. Alhoewel ek die meeste van die liedjies self geskryf het, is daar ook ’n paar waaraan ek saam met Jake Odendaal gewerk het. Hy is ’n baie begaafde musikant en liedjieskrywer. Die grootste uitdaging was om my eie klank te vind. Ek hou van te veel goed en ’n mens moet balans vind tussen jou eie voorkeure en waarvan ander mense sal hou. Luisteraars kan uitsien na kwaliteit Afrikaanse musiek, met baie diepte en ’n verskeidenheid klanke. Een liedjie verklap nie die res van die album nie. Daar is iets vir almal om mee te vereenselwig. Ek wil hê dat my musiek mense moet hoop gee, dat dit hulle moet seën en laat goed voel.”

Die Berge Blou is tans haar gunsteling, maar sy is ook mal oor Onthou Jy Nog omdat dit haar aan haar kinderdae herinner. Die album is beskikbaar op alle digitiale platforms, insluitend iTunes, Apple Music, Google Play Music en MiTracks.

Kry die album hier:

Alhoewel sy reeds nege jaar professioneel sing en liedjiesskryf, het haar groot deurbraak eers gekom toe sy en Hennie Maritz Duis:Lig begin het.  Net soos haar uitsonderlike, veelsydige stem, is Stella ook ’n vrou van vele talente en met baie hooi op haar vurk. Wanneer sy nie haar lyf musikant hou nie, is sy ook boervrou op hulle plaas in Carolina en ma van ’n agtmaande oue dogtertjie. Sy is ook mede-bestuurder van hulle gastehuis en trou-venue, Acorn Guest Farm.

Die musiekbedryf het haar oor die jare geleer om geduldig te wees en jouself te omring met die regte span mense. Sy moes al baie groot uitdagings oorkom in haar persoonlike en professionele lewe en fokus daarop om ’n goeie, gelukkige, gesonde leefstyl en gesinslewe te hê.

“Ek beleef hoe God vir my al die regte deure oopgemaak het op die regte tyd, voel gereed hiervoor en wil maar net my ding doen. Optree, weer skryf en opneem, aan die STELLA-handelsmerk bou en saam met Duis:Lig te bedien met lof en aanbidding,” sê sy oor die toekoms.
Net soos Hans Christian Anderson, glo Stella dat musiek praat waar woorde nie genoeg is nie. Haar eie musiek getuig juis hiervan en ons kan nie wag om te hoor wat sy nog in die toekoms wil deel nie.

Bly ophoogte van Stella se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.