Nadat sy luisteraars se harte gewen het met haar vorige treffer “Memories”, is Ariana terug met ’n vars, opregte en energieke enkelsnit wat haar nuwe hoofstuk perfek aankondig – “Reg”.
Die liedjie vertel die storie van iemand wat jou pyn raaksien en alles in hul vermoë wil doen om dit reg te maak – selfs al was hulle nie die rede vir jou hartseer nie. Dis ’n lied oor empatie, tweede kanse en die vermoë om iemand raak te sien vir wie hulle is… of selfs vir wie hulle nog kan word.
Die musiekvideo, wat saam met die vrystelling bekendgestel word, is verfilm in ’n plek wat Ariana se hart na aan die brand steek – oop vlaktes waar die stof saam met die musiek dans en sy haar vryste self kan wees. Die tonele vang die warmte, eerlikheid en natuurlike energie van die lied vas.
Ariana het “Reg” saam met twee ervare liedjieskrywers, Stephan van Huyssteen en Emil Paul, geskryf. Die produksie is toevertrou aan Hugo Ludik van Muse Studios, wat die lied ’n opgewekte folk-klank gegee het – perfek vir ’n dansvloer vol glimlagte en goeie vibes.
Kyk die musiekvideo hier:
Met “Reg” wys Ariana weer hoekom sy ’n stem en storie het wat mense wil hoor – vol gevoel, warmte en hoop. Hierdie is meer as net ’n nuwe enkelsnit… dis ’n uitnodiging om saam te voel, saam te dans, en dinge saam “Reg” te maak.
