Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Track Five bied ’n Unforgettable Connexion vir gehore aan
Nuus

Track Five bied ’n Unforgettable Connexion vir gehore aan

Fanie Nel14 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

As ʼn aand van sprankelende vermaak, ʼn bietjie kabaret, strelende jazz en vrolike A Cappella sang jou aanstaan, moet jy nie Track Five se optrede in die Drostdy Teater op Stellenbosch op 23 November misloop nie.

Track Five, beskou as een van die beste sanggroepe in Suid-Afrika, keer terug na dié Bolandse dorp ná die suksesvolle vrystelling van hul vyfde CD, Love You Madly, in April vanjaar.

Volgens Track Five se stigter, bariton Gavin Fullard, sal dit die eerste keer wees dat die groep – bestaande uit jarelange lede Fullard, Michelle van Zyl (2de alt) en Arthur Pietersen (bas) asook nuwe lede Madri Gerber (sopraan) en Karen de Goede (1ste alt), albei gekwalifiseerde musikante – saam optree sedert Pietersen vroeër vanjaar onder die mes was.

track5017

“Ons is so bly om weer vir Arthur saam met ons op die verhoog te hê,” sê Fullard. “Die aand is dus ʼn viering van sy terugkeer en ons beloof iets vir elkeen, met sommige bekende en sommige nuwe klanke om te geniet.”

Pietersen, van Belhar, voeg by: “Om terug te wees by Track Five is, om die lirieke van een van Gavin se komposisies aan te haal, ‘therapeutic and really so cool’. Om ʼn tweede kans in die lewe te kry, maak dat ʼn mens die gawes van God selfs meer as voorheen waardeer.”

Musici wat by Track Five aansluit vir hul konsert, getitel An Unforgettable Connexion, is jazz-musikant Ramon Alexander (klawerbord), Leonore Bredenkamp (baskitaar), Annemie Nel (dromme) en Fullard se vrou, Engela Fullard (dwarsfluit). Tesame sal hulle die gehoor trakteer op ʼn verskeidenheid oorspronklike komposisies deur Fullard, opgekikkerde Afrikaanse gunstelinge en ʼn aantal geliefde klassieke jazz-nommers.

Die altyd romantiese Fullard, ʼn vaardige komponis, sal vir die eerste keer saam met die groep sy nuwe lied Connexion, wat hy bestempel as ʼn “kwalik bedekte huweliksaanbod”, by die Drostdy uitvoer.

“Ons wil graag vir ons gehoor wys hoe jazz, wat vir sommige mense ʼn vloekwoord is, verleidelik mooi dog terselfdertyd opwindend kan wees, deur byvoorbeeld ou gunstelinge met ʼn tikkie smaakvolle andersheid uit te voer.”

As ʼn mens hom uitvra oor die groep se planne noudat Arthur weer op die been is, kan Fullard sy opgewondenheid skaars beteuel.

“Wel, ons werk natuurlik nou aan CD nommer ses en hoop om dit laat volgende jaar vry te stel!”

Kaartjies vir die 1 ½ uur vertoning teen R120 is beskikbaar by die Drostdy Teater deur vir Lionel te kontak by info@drostdyteater.co.za of op 071 931 9954.

 

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.